Author Topic: ierland 2015 #3 op pad noorde toe  (Read 4023 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
ierland 2015 #3 op pad noorde toe
« on: August 21, 2015, 08:58:44 PM »
ierland 2015 #3 op pad noorde toe

Na ons Trim se kasteel besoek het, het ons die pad noorde toe gevat, glad nie geweet hoe ver ons gaan kan ry nie en glad nie geweet waar ons gaan slaap nie. Net gery. Dankie vir GPS met ordentlike kaarte en inligting.

Ons is by Portaferry oor die see lagoon na die ander kant toe. Hier het ons die eerste keer iets in pond moes betaal.
Dit is hoe die ferry lyk.


Hier is klompie fotos wat ek geneem het terwyl ons vir die ferry gewag het en ook terwyl ons op die ferry was. Ons het nie geweet elke hoeveel ure die ferry kom nie en ons was baie gelukkig om net 5 minute te wag voordat die ferry aan die kant gestop het. Ons was die 2 de motor en in 5 minute was daar skielik sowat 10 motors agter ons.






















Ons het vroeër toebroodjies gekoop om iewers langs pad te eet. Toe ry ons by vis en chips plek verby en besluit net daar toebroodjies is môre se kos en ons gaan nou vis en chips koop.



stop toe langs die see om die vis en chips te eet. dit was baie lekker en net soos hier is die see se aas voëls ook dadelik by as daar geëet word.






toe ek die foto op die rekenaar kyk sien ek wat in die agtergrond staan en die seevoël laat dink my toe aan 'n wit duif wat daar vlieg



ry 'n ent aan en die verkeer word gestop en niemand raak opgewonde en moeilik en ongeduldig nie. Die spannetjie is toe aan die oefen vir die 12 julie se feesvieringe en hulle masjeer die pad vol. DIt was 20 oor 7  die aand.



Ons moet nog verder ry maar weet nie waarheen nie, ons werk net noord.





ons het nog 30 na 40 km gery wat sowat 1 uur geneem het en kom toe in 'n redelike groot dorp aan die buite wyke van Belfast en besluit hier moet ons slaap plek soek.
Dit was half nege se kant en baie mense in die strate wat wag dat die dorp se oefening moet begin vir die 12 de julie.
Ek soek op die GPS " B&B" en hier kom 'n hele lys op. Besluit toe om maar die lys van bo deur te werk want dis die naaste een is heel bo. Dit is toe 400 meter wat ons moet ry en kom by die plek en klop en 'n vriendelike vrou maak oop en sê sy het nog 1 kamer. gaan wys hoe dit lyk dat ons ons sê of ons tevrede is vir 70 pond. Ons is maar te verleë en sê ja.

So lyk die plek half nege in die aand





Lekker geslaap en lekker ontbyt geëet en weer die pad gevat na Belfast toe.

vervolg # 3 B Belfast




Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ierland 2015 #3 op pad noorde toe
« Reply #1 on: August 21, 2015, 09:28:44 PM »
Dit lyk heel goed en dit klink fantasties.  Laat ek gou verder gaan kyk. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: ierland 2015 #3 op pad noorde toe
« Reply #2 on: August 21, 2015, 11:36:30 PM »
Prentjiemooi en die vertelling daarby maak van dit 'n heerlike saamkuier!

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: ierland 2015 #3 op pad noorde toe
« Reply #3 on: August 22, 2015, 08:05:50 AM »
eintlik moes die toring daar in di duplikaat foto se plek gewees het


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ierland 2015 #3 op pad noorde toe
« Reply #4 on: August 22, 2015, 09:21:23 AM »
Dit is goed so, geen probleem nie. 

Die voordeel van so 'n kerkhorlosie is dat jy jare daarna nog kan sien hoelaat jy die foto geneem het.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.