Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on November 04, 2019, 03:17:21 PM
-
magrietjies
tot stof verpoeierde veldpaadjies
loop deur die afgebrande veld
‘n aasvoël draal daar rond
as dood se reuk in ‘n droë wind
opwarrel na die blou daarbo
dan vou wit magrietjies hul blare
wydoop tot ronde waaiertjies
skeppingsliefde van ons Vader
vir die mooi en kosbaar reine
as Hy sy Hand daaroor streel
©adéle theron
-
Soos altyd, pure leesgenot Matertjie. :notworthy: :hello2: :love7:
-
:coffee2: :love7: :coffee2:
-
Die kontras skreeu!
Jy weet hoe! Ek lief dit!
-
:love7: dankie :toothy4:
-
Ek dink ons moet hierdie die "Kontrasgedigstruktuur" noem. Wat sê julle!
-
Ek stem
:icon_bigsmurf:
-
Ek sien dat hierdie plasing al by die 1000 keer gelees is. Ons is erg "belese" hier op die forum. :angel7:
-
:hello2: dit kan werk
-
Dit werk reeds matertjie. :hello:
-
Lief dit!! Ons eerste nuwe digstruktuur in te lank se tyd :book1: :notworthy: :hello2:
-
Skouer aan die wiel! Pen op papier! Voorwaarts mars!