Dit is nie Stof se manier nie, PM het hom aangesteek, want dit was hy wat eerste met die mooi gedig kom spog het en toe krap ons saam in daai slaai.
Wat is lekkerder in elk geval?
Na my mening is dit gebruiklik om die tweede "nie" in Arikaans te skryf, tensy 'n mens met 'n voorgeskrewe gedigstruktuur te doen kry, wat 'n lettergreeptellingvereiste het. Selfs dan sal ek probeer om die tweede ontkenningswoord in te pas.
In sekere gevalle versag die "nie" aan die einde van 'n versreël die rymwoord. In hierdie geval pas dit die ritme (metrum) aan. Dit is net daardie klein woordjie wat vir my die laaste versreël laat "sing".
Gooi nog ‘n dop Bob, ‘n dop wat skop
Brandewyn het nie brieke nie! Net om die halfrym effens te verskerp en die ritme meer aan te pas, sodat die lettergreeptelling dieselfde bly, sou ek, arme stupid, dit so geskryf het:
Gooi nog ‘n dop Bob, ‘n dop wat skop
Brandewyn het mos nie brieke nie! Tog werk dit net so goed sonder die "mos".
Wat nogal interessant is (vir my) is dat die gedig tot en met die vierde strofe, humoristies is. Dan, vernuftig, plaas die skryfwer die atmosfeer in 'n heel ander dimensie of 'n "gevoel".
Geknars, geskree van metaal wat skeur
Glas klingel op die pad
En die stilte na die botsing ...
Brandewyn het nie brieke nie
Geknars, geskree van metaal wat skeur pragtig maak die skrywer gebruik alliterasie en assonansie
Maar wag, ek is seker nie veronderstel om 'n hele uitleg oor hoe ek dit ervaar, hier uiteen te sit nie, maar brandewyn het mos nie brieke nie.
Natuurlik is dit elke leser en elke digter se voorkeur wat tel en ek respekteer dit. Ek sou nou net julle eerlike mening wou hoor.