Bak en brou > Groot koeke

Anastasia se flopvrye wortelkoek

<< < (2/3) > >>

Naas:
Ja verdomp. Het mos op 'n stadium (dink hoeka in 2006) aansoek gedoen vir al die oumenssiektes. Was suksesvol met almal behalwe hoë cholesterol.
Diabetes, hoër bloedruk, lae self beeld, die hele verdomde spul.

 :icon_bigsmurf:

Anastasia:
Hie hie, "Hoë bloeddruk, lae selfbeeld"  Jy kan so snaaks wees.  Ag jong, oudword is net vir die dapperes onder ons.  Ek was so hartseer, toe ek 38 was is die grootste vriendin wat ek ooit in my lewe gehad het, op 34 oorlede.  Sleg griep gehad, was drie dae in hospitaal, en is toe ontslaan.  Ek het nog die aand vir hul gesin kos en gebak geneem.  Ek het dit dikwels gedoen.  Ek haat (nou nog) naaldwerk, en enige herstelwerk aan klere het sy vir my gedoen.  Sy haat weer kosmaak, en het ek menige dae as ek eenskottelgeregte maak of bak, twee van elk gemaak en vir Tina gevat.  So neem ek weer daardie dag en sê toe sommer, wag, laat ek al my bakke kry wat al van vorige kere daar rondstaan.  Hande vol bakke is ek by die deur uit.  Sy roep my toe terutg en sê ek moet haar eers 'n drukkie gee.

Ons was rerig so close, kon alles deel, maar nooit was ons egter demonstratief met soentjies of drukkies nie.  Ek sê toe nog:  Damnit, Tina, nou moet ek eers al die bakke weer neersit om jou 'n drukkie te gee!  Wat ek toe wel doen.  Stywe drukkie.  En so is ek daar weg.   Volgende dag net na skool kry ek die oproep sy het by haar huis in die gang inmekaargesak, met haar 8 en 10 jarige kids by haar.  Sy is daar dood.  Met die kids wat die ambulans gebel het en moes toekyk.  Beide is vandag mediese dokters.  Weet nie of die gebeure daartoe impak gegee het nie.

Dit is een mens se lewe en dood wat my nie onveranderds kon laat nie.   Ons vriendskap was so spesiaal.  My kinders hele paar jaar ouer, maar sy het so ou ou Datsun bakkie gehad.  In die ry kon sy die sleutels uithaal en verder ry!   :love7: Of hom start met 'n naelvyltjie!  So het ons die kids agterop gelaai, by die groentewinkel gestop vir wortels, (en altyd skelm twee Whippie Bars).  Dan perdestalle toe.  Die dogters het die perde geroskam en wortels gevoer en die twee seuns het met die bakkie op die stalgronde rondgery. 

Tina en ek het op koeldrank kratte tussen die rooi Thabazimbi stof gesit, ons pleated skirts van destyds wat hang in die stof, en ons Whippie Bars geeet en gefilosofeer oor ons volgende dieete en hoe mooi en maer ons nog eendag gaan wees!

Ai, die onthou vanmore!  Wat ek EINTLIK wou sê:  ek het so baie gedink hoe onregverdig dit was dat sy wat so mooi mens was so jonk moes sterf.  Maar, met die oudword en al sy dinge, wonder ek soms of jong afsterwe nie eintlik 'n bedekte seën is nie?

Meraai vannie Baai:
Wat 'n wonderlike bydrae was hierdie nie. Die lief en leed van die lewe tussen lyne. Ek sit in die gees saam om die kombuistafel terwyl jy gesels het en neem die laaste snytjie wortelkoek.

Anastasia:
Dankie, Meraai, dat jy meegeluister het deur my onthoue.  Sy was SO lief vir rou kleinkoekie deeg.  Haar altyd genooi as ek kleinkoekies bak, dan kry sy haar koppie koffie met 4 opgerolde rou deegballetjies in haar piering.  Ai.  En haar 2 kids se standaard groet as hul by my deur ingekom het, was "Maaaaaa,  ons is hongerrrrrrr!"  Hie hie.  Die huis ruik nou nog steeds die ene bakhuis en restaurant.  Maak vandag weer piesangbrood en Chicken a la King, so effe geskoei op daardie resep van jou vir die pastei. 

Menige male loop hier swart werkers verby, wat kamma stop en vra vir bietjie water.  Wanneer ek het, en kan, gee ons altyd so ietsie bederfie daarby.  Ek glo mens moet aanhou met goed wees.  Ten spyte wat daardie aaklige aand met ons gebeur het. 

Naas:
Nou sien jy nou Noordetliggie. .. jy skyn nog helder ten spyte van alles wat in jou lewe gebeur het. Ek dink nog steeds JY ROCK Sussie.

 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version