Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => JeannedArc se plek => Topic started by: Jeannedarc on March 28, 2013, 10:22:11 AM

Title: As ek maar
Post by: Jeannedarc on March 28, 2013, 10:22:11 AM


As ek maar
‘n Sonstraal  kon vang
Tooi ek myself
In skitter goud

As ek maar
‘n Doudruppel kon vang
Drapeer ek myself
In diamante prag

As ek maar
‘n Spinneweb kon vang
Weef ek ‘n kleed
Sag soos sy

As ek maar
‘n Stukkie wolk kon vang
Dan seil ek rond
Op die see van geluk

Title: Re: As ek maar
Post by: PM on March 28, 2013, 10:37:31 AM
 :hello2:  Baie mooi.  Dankie vir 'n happie uit jou pen matertjie.  Het jou werk baie gemis.   :hello2:
Title: Re: As ek maar
Post by: Meraai vannie Baai on August 09, 2018, 02:15:06 AM
Die pragtigste voorbeeld van ons 'herhaalde woord struktuur'  :notworthy: :icon_salut: