Bak en brou > Kom ons verloor gewig

Judy's Secrets en haar 3 weke gewigsverlies eetplan.

<< < (2/6) > >>

Jeannedarc:
well good luck to anyone doing this and I really mean it. me personally, me don't care for any form of diet. years ago I pulled the bathroom scale to a scary 130kg. then I started playing league squash, without following a diet. to say that I needed every bit of nourishment I could get is a total understatement. within the span of four months I lost 40kg and still going strong. then I started doing distance running, starting with 10km and eventually working up to Two Oceans distance of 56km, still losing weight and stabilizing on 68kg. I ate whatever I wanted and I drank whatever I wanted. for me there should be a balance between my energy intake and my energy expenditure. If I take in e.g. 1500kj per day but I only burn 200kj, I will become like a bank account - the more money you put in the bigger it becomes and vice versa. now I'm back to the initial weight and I know I'll have to start an exercise regimen to lose weight

PM:
Ek wou more begin het met spierbou-oefening by my buurman wat onderneem het om my "personal trainer" te wees, maar nou ry hy more saam met Hannes Brits toe en ek sal maar moet gaan stap.  Ha-ha.

Ek is een van daardie lui mense.  Alles moet skoon wees voor ek gaan slaap, anders sal ek nie opstaan in die oggend nie.
As ek 'n kortpad kan vat weier ek om verlangs om te loop.  Ek dra my dood, maar sowaar as padda manel dra, ek loop my nie dood nie.  Siesa!   

My buurman ry half ses in die oggend vir 45 kilometer met sy fiets dan doen hy 45 minute se oefeninge met gewigte. 

Natalie, ek lig my hoed vir ouens wat soos jy kan oefening doen.  Ek sal wat wil gee om daardie dissipline te hĂȘ!

Meraai vannie Baai:
PM ek sal darem graag ook soveel dissipline wou he, ek kry net nie meer geoefen nie man! Lui lui.  Ek sal maar weer Naas se icon ydelik gebruik lol :icon_bigsmurf:

Die liewe kilogramme wat ongevraagd hulle kom tuis maak! Jeannedarc dankie vir die 'sterkte' wense vir ons ouens wat gaan probeer vasbyt en knaag aan die drie weke plan :toothy4:

Dalk sal die volgende raad help?  



Ons het heerlik rondom die gewigsverlies eetplan gekuier op FB. Lekker gegiggel en ek het my woordmandjie skandelik boeppens gelaai  :icon_bigsmurf:

Anastasia:
My man is met minstens 30 kg van my onwettig getroud! Ek het in 'n vieslike gewoonte gekom om nie te eet om te leef nie, maar te leef om te eet. My een maal was skaars by die kleintong verby, dan beplan ek alweer die volgende lekkerny. Nou moet ek weer soos 'n beskaafde leer eet. Die kg'e het nie oornag vir my bekruip nie, dit gaan nie oornag verdwyn nie. Ek kan nie aangaan soos nou nie, dit was 'n laaaaang party van ses maande. Ek het werklik soos 'n hamster geeet die laaste tyd.

PM:
O hallie ha!  Dit sal beslis werk om nakend voor die spieel te staan en eet! 
Anastasia, my man is ook met net soveel onwettigheid getroud.  Ek beter hom inlig dat hy teen die wet is!   :icon_biggrin:

Ai, ons vettes weet presies hoe dit werk en wat om te doen.  Ons geniet net die lewe te veel om ons daaraan te steur!   :walk:
Ek sal soos die mannetjie moet begin stap dan sal my ronde lyf beter raak. 

Toe ek gerook het, het ek my nie eendag oor gewig bekommer nie!  Of lieg ek?

Meraai vannie Baai:
Sjieeee, ek belowe myself elke dag - more begin ek stap! Dan gaan staan ek voor die spieel en oefen my lagspiere. Moet byvoeg, ek nog maar min ouens met mooi geronde voorkoms gekry wat suur deur die lewe gaan  :toothy4:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version