Die Biblioteek > Nuwe woordskeppings

Afrikaanse pram.

<< < (2/3) > >>

PM:
...en ek buig die knieg nog 'n keer.  Dit is uitstekende werk.

Assie:
Lees ek ook nou hierdie oor 'n stomstil gas se skouer.
Van die pram af in die prem.

 :mumum:

Meraai vannie Baai:
 :toothy4: Net in Afrikaans. Kom ek vanoggend op hierdie skakel af, daar is 'n mag der menigdom slangwoorde, letterlik van heinde en verre. Van die uitdrukkings/woorde het ek laas by my pa gehoor soos byvoorbeeld: quarter-past kaal arm en hokaai stop die lorrie! Moenie jouself staan en mamparra hou nie en dan die ene vir om't ewe: komme-sie komme-sa. 

https://www.wikiwand.com/en/List_of_South_African_slang_words

Naas:
Husse met lang ore - as kinders ongemaklike vrae vra soos wat is in daai kersgeskenk pakkie.
Seepsop en braaibout - daai een het my vinnig in lyn gekry.
Van lag kom huil
Bo bont, onder vol stront
Die slonskous lyk weer pure verkeerdeveer hoender.
Aai, maak Ta Raatjie nou weer 'n paar vergete perde los vanoggend terwyl ek weer hier in ESKOM duister vassit.

 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Ek het gehang soos 'n ... bietjie vergeet soos wat maar in alle gevalle - ek het daardie lys verslind Naas en gedink dat ek dit moet deel. Sommige plekke was die ouvrou half blosend maar dan onthou ek dat sommige ouens wel so praat, ons het een in die familie wat redelik van daardie bar uitdrukkings na hartelus rondgooi en ons het hom lief gehad soos hy is. Gepeperde taal en al.  :icon_biggrin:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version