Author Topic: botswana caprivi 14 B  (Read 6551 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
botswana caprivi 14 B
« on: July 12, 2011, 07:57:47 PM »
Net voor die brug by die Okavango rivier is hierdie checkpoint, wat hulle check weet ek nie maar ons is maklik deurgelaat.
463



Net na die rivier het ons links (suid) gedraai om by Ngepi te gaan slaap. Baie oulike kamppeerplek. Die mense daar is vol humor.
Kry hierdie kennisgewing, wat seker al duisende kere afgeneem is en 100 de kere in tydskrifte al geplaas was so entjie voor die kamp.
463



Die foto wys die Ngepi ontvangs. Jy betaal niks tot jy ry, hulle maak vir jou ‘n rekening oop en als wat jy koop of eet of verblyf word daarin opgeskryf en jy betaal een keer waneer jy vertrek.
(S 18 grade 07,014’  en O 21grade 10,208’)
463


Ngepi is teen die Okavango rivier net stroomaf van die Poppa stroomversnellings. Buffalo kamp van 32 batteljon is net regoor die rivier.
Daar is klompie staan plekke vir kampeerders, kan nie op die gras ry nie daars paaltjies geplant maar  jy mag jou tent op die gras opslaan. Daar is krag tot so 10 uur se koers in die aand dan sit hulle die generator af

Dan is daar paar “tree houses” wat van pale gebou is en met riete toegemaak is.
Daar is ook plek vir die overlander toere waar die mense hulle tente op ‘n ander terrein opslaan as die kampeerders.
Daar is ook tente wat  op hout dekke opgeslaan is wat jy kan huur. Al die storte het warm en koue water. Daar is genoeg badkamers en toilette vir die tentbewoners en kampeerders, almal so met riete toegemaak sonder dak.
Dit is smaakvol gedoen en dan is daar ook nogal borde met pittige sê goed op geskryf.
464


Starbath: geen dak die sterre skyn daarin.
465


466 bostoilet, dit is so afgeskort dat jy nie van buite kan sien nie en as jy daar is voel dit of jy iewers ver alleen die bos is



467 die 2 storte is langs mekaar en die een beeld uit hoe dit vandag in die wêreld lyk en die ander een hoe dit in die toekoms gaan lyk as ons nie vir moeder aarde gaan oppas nie.



Vandag se badkamer
468



Toekoms se badkmaer
470


Die plek se naam bordjie wys: Loo with a view
472


473 een van die bungalows se slaapkamers.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.