Author Topic: botswana caprivi 13 b  (Read 4571 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
botswana caprivi 13 b
« on: July 12, 2011, 07:51:23 PM »
Grenspos by Katima aan Zambië se kant. Na ons oor die Zambezi brug is, is daar ‘n T aansluiting links wat wys : Namibië en ek draai links daarheen. Kom by groot hekke en ‘n grenspos. Daar stop toe ‘n voertuig agter ons wat so paar km vantevore by ons verby is en die mense sê ons het die  Zambië doane gemis, dit is net so 50 treë vreby waar ek afgedraai het. Ek  het die gebou gesien maar nie juis kop toe gevat nie, het meer na ‘n kliniek gelyk, maar nou ja Afrika dink anders as ek.

Foto 422


Suid Wes se grens. Hier gekom gaan ons na die gebou links, polisie klaring vir die voertuig. 2 polisievroue sit op die rekenaar en kaart speel. Ek vra wat moet hier gebeur, een sê vul die boek in met jou voertuig besonderhede. So gemaak en ek vra wat nog. Sy sê vul die ander boek ook in met jou voertuig besonderhede. So gemaak ek vra wat nog, sy sê oorkant die pad is doane en stempel jou paspoort daar.
Ek vra en wat nog, sy sê dis al en  so maak ons toe.
Gaan na doane gebou, stempel die paspoort en vra wat nog, hulle sê nog net voertuig boeke invul, ek sê dis klaar hulle sê dan net by bek en klouseer verby kom.

Die die een wat daar op die stoel aan die linderkant sit.

Hulle vra of ons vleis het en ek haal ‘n pakke vacuum wors uit wat van Rawsonville af kom.
Sê ek moet dit gaan verbrand hulle mag nie.
Toe sien hulle die hout op die dak en sê ons mag dit nie invat nie. Ek protesteer meer oor die hout as wors want ek eet nie wors nie en ons wil in elk geval op Katima weer vleis koop, maar weet nie waar gaan ons hout kry nie. Hout is tog belangrik vir die geselligheid ook al kan mens vleis op gas ook gaarmaak waneer die nood druk.

Die vrou sê toe hulle kan die hout spuit maar het nie water om die gif aan te maak nie. Toe gee ons 20liter water en moet die hout afhaal sodat sy dit spuit. Sy sit toe die wors op die grond neer en daar het dit nog bly lê lank na sy klaar gespuit het en ons die hout teruggepak het om weer te ry. Of dit verbrand is weet ons nie was net te bly om weg te kom.
Sy doen seker ook maar net haar werk, ons was liewer nie moeilik nie.

Foto 423

Warrick en Albertus staan by die info kantoor se borde op Katima. Ons wou eintlik die padbord regs agter ook in kry wat wys Zambië en Namibië, ongelukkig effe klein gekom.



Binne was baie behulpsame en vriendelike mense. Ek vra wat en waar te sien en doen is in Katima en hy sê eintlik niks. Toe hy ons voertuig sien sê hy ry 120 km wes, net oor die Kwando rivier en draai links in na Nambwa kamp.

Ons het eers vleis by slaghuis gaan koop waar ons onder andere bees rump en 2 x koedoe fillit gekry het. Die filit was gevries en toe ons dit later wou eet was ons erg teleurgestel, die een was fillit en die ander was iets taai, maar defenitief nie fillit nie.

Die bar aangevul by pick en pay en toe sien ons dat ons maar die vleis daar kon koop, dus as ek eendag weer dalk daar ry en moet vleis koop gaan ek eerder P&P toe.

Ry toe aan en by Kwando rivier is checkpoint, wat hulle check weet net hulle, ons het net boek ingevul as ek reg onthou en iemand het die bakkie se bande gespuit. Wou die soldaat met sy groot maag afneem ( baie vriendelike man ) maar hy sê ek mag hom nie in sy uniform afneem nie.

Ons het aan gery, 15 km dik sand pad ( 4x2 sal vassit)


So amper by Nambwa kom ons op die oorblyfsels van fort doppies af:  S 17 gr  49,190’ en O 23 gr 18,916’

Hier op die wal van die Kwando rivier die mooiste uitsig oor die rivier vanaf die duin waarop fort doppies gebou was. So kyk ons en wonder wat het die generaals en ministers en ander high brass als hier gepraat terwyl die son sak agter hulle rug en hulle oor die rivier uitkyk.

Al wat oorgebly het is die fondament en teël vloer en so hier en daar het ek mortier houers gesien.
Ek wonder as die plek nie moes gesloop word nie: sou dit dalk nie ‘n mooi kantoorblok vir die park kon wees wat nou daar is nie.

Fotos 424 tot 426.








Na ons by fort Doppies weg is het ons die pad iewers verby gery. Gelukkig het ons papier van Nambwa by die INFO gekry met GPS coordinate. Ons was seker 5 km verby toe soek ons die plek op die GPS en besef dis omdraai tyd. Daar is nie borde nie en baie veldpaaie waar die grootpad en veldpad dieslefde lyk.
Toe beur ons maar so in die rigting van die kamp en die plek is so onder die bome dat jy dit nie eers op ‘n afstand gewaar nie.

Toe ons uiteindelik daar aankom ( S 17 gr 52,481’ & O 23 gr  19,059’) sê die vriendelike kampopsigter hy hoor ons al lankal aankom en verby ry en hoor net “hoiiiiii hoiiiii hoiiiii” soos die bakkie deur die dik sand beur. Later toe hoor hy ons is oppad terug en hy gaan toe maar solank kantoor toe.
Ons was kort voor sononder daar, gou tent opgeslaan, versterking geneem en na die dek teen die vlei gegaan om die sononder te beleef.
die kamp het weerskante water, rivier aan sonop kant en vlei aan sononder kant.

fotos
427   en 430  en 431







431 steakbraai
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: botswana caprivi 13 b
« Reply #1 on: July 13, 2011, 10:16:29 AM »
Hierdie storie vertel van stilte en verlatenheid.  Dit kan net lekker wees!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: botswana caprivi 13 b
« Reply #2 on: July 13, 2011, 06:50:22 PM »
praat jy wat tanne het PM

ek en die vrou en anton was vandag kaap toe, eers die N1 wat lekker ry en toe padwerke by okavango weg en ons is deur belville om parow toe. daar by i winkel gewees en toe century city toe. wat i malle dolle gehaas na wat van al die mense. lyk of hulle nooit rustigheid kan kry nie. toe verlang ek na die veld en plekke soos die hierbo waar niks en niemand jou hinder nie en jy nie in die pad van iemand anders is nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: botswana caprivi 13 b
« Reply #3 on: July 14, 2011, 09:13:04 AM »
Dit is darem 'n groot voorreg om so in die natuur rond te kuier.  Ek haat ook die stad se gewoel,  maar kry tog plesier daaruit om iewers rustig te sit en die malende massas te bekyk.  Van maer klein Sannie tot dik tant Annie, elkeen met sy eie smaak.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.