Die Biblioteek > Vervloeë woordskatte

Slim se baas

<< < (2/5) > >>

PM:
Ek kom maak maar so nou en dan 'n draai om te sien of Assie nie nog wil vertel nie Raaitjie. 
Ek stem eintlik saam met Jan Voor. (hy het mos sy slag verloor) 'n Bul wat nie kan ruik nie is baie veilig tussen die
 koeie.   :icon_scratch:

Aspoestertjie:
Miskien moet ek julle tog maar van die neuslose bul vertel.

My wyse Oupa sê nou die dag: “Intelligensie sonder insig is die gereedskap waarmee die duiwel gewone mense irriteer.”
Ons koop verlede jaar by die vandisie ‘n pragbul. Die dier het al die regte spiere op die regte plekke. As hy in die veld staan lyk dit of hy klaar op aandag staan voor die beoordelaars. Nee kyk DIE bul doen alles in blou rosette. Hy’t ‘n paar horings wat enige opregte  bloubul tevrede sal hou al is sy span se trofeekis leeg soos gewoonlik. Hy is ‘n teelbul.  Tot die fynste besonderhede toegerus vir die werk. Die koeie kan nie hul oë van hom afhou nie. Selfs Blommetjie het al in die grensdraad vasgeloop van omkyk.
Maar teel kry ons met die dier nie geteel nie.
Kry ons die ou veearts om te kom kyk wat aangaan. Die sukkel twee dae maar daar is geen lewe in teelbul se gereedskap nie. Sy kompas kyk net suid.
Laataand kom die veearts van die kraal af ingestrompel. Doodmoeg. Hy het die probleem opgespoor. Die bul sal nooit teel nie. Hy het geen reuksin nie en kan dus nie die koeie ruik as hulle gereed is vir teel nie. Ons sal maar kunsmatig moet insamineer.
“Dis nou ‘n gedoente.” Brom Oupa. “‘n Hele waenhuis vol duur gereedskap en geen instink om daarvan gebruik  te maak nie. Kan die bul net sowel parlement toe stuur”


 :mumum:

Meraai vannie Baai:
Hiehieiehie, net wat ek vanoggend nodig gehad het Assie  :toothy4: Jou oupa se wysheid en die manier waarop jy dit met ons deel is 'n ewigdurende woordfees  :notworthy: :icon_salut:

PM:
Hete Assie, jou oupa is voorwaar slim.  Wie sou nou kon dink dat "instink" en "reuk" hand aan hand loop!  :icon_scratch:
Sonder insig is daar ook nie vooruitsigte nie nê. 

Dit is vir my baie vreemd dat daar nog nie 'n ewe slim ouma op Oupa se horison kom flikkers gooi het nie. 

Naas:
En hoe moes oupa nou kon ruik die bul het permanent verkoue...



 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version