Author Topic: anderste vakansie 5  (Read 3352 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
anderste vakansie 5
« on: March 19, 2013, 03:33:11 AM »
5


Donderdag oggend 6 uur ry ons van my broer terug Centurion toe om vir Beky te kry. Oop N1 maar vinnigste wat die verkeer toelaat is 105 km/u.
Stop by ‘n kafee om proviant aan te vul en ek neem paar fotos, die een  mooiste uitgekom.



Ek sien die rooi op die horison en die rede daarvoor is die lugbesoedeling. So praat ek en Johan oor die vuil lug en kom op paar dinge af wat ons wonder.
Eerstens hoe hou mens dit in daai vuil lug?
Wonder toe of  die dokters baie geld maak daar in Gauteng uit mense wat lugweg infeksie het?
Mis mense wat daar woon die helder blou lug soos ons dit in die Kaap ken?
Op die ou end dink ons dis  wel so want mens sien die tekens daarvan. Sommige mense mis dit so erg dat hulle hulle self  blou verf van tyd tot tyd. Dis ‘n teken van hoe erg hulle na die Kaap se vakansies en skoon blou lug verlang.
Ons het ook gemerk dat sommige mense kan dalk aan suurstof tekort ly agv te min suurstof in die lug dan raak hulle bloed blou en die blou kleur slaan op hulle velle uit, veral oor naweke na ‘n week se stres in daai chaos.

In elk geval, so kry ons vir Beky wat in die koue geslaap het en vat die pad na Pretoria….Silverton om leë “flow bins” af te laai en dromme resin op te laai.



Ek het die afgeneem om so min of meer die verskil in grootte van die lorrie en ‘n sedan kar te wys.





Ons het so kwart oor 9 van hier vertrek en die N4 Bronkhorstspruit se kant te gevat, net lekker reg geskuif op die sitplek, spoed gekry en rustig geraak vir die pad delmas toe.
Hier wys 2 orige spietkop vroue ons moet aftrek. Vat Johan se rybewys en sê iets van ‘n weegbrug, maar ons sien geen weegbrug nie. Hier sit ons en wonder nou wat nou.
Later het hulle nog ‘n lorrie beet en raas raas met sirenes ry hulle voor ons uit, stop alle verkeer dat osn kan by kruisings draai en jaag weer soos mal goed verby. Mens sal sweer ons het ‘n vrag dwelms soos hulle aangaan.
Redlik ver ompad om by die weegbrug te kom en gaan wag agter in die ry.  Het toe darm die lisensie weer terug gekry.Na lang ruk is dit darmons beurt om te weeg en ons is onder maksimum gewig. Net mooi 1 uur later het ons weer in die pad geval Delmas toe.

Kyk hoe staan hulle nog





‘n Tolhek wat baie geld kos vir die lorries om deur te gaan, ek dink R300 as ek dit nie mis het nie.





Die Huo Nan Tempel by Bronkhorstspruit



By Delmas se Quarts myn het ons marmersand gaan oplaai. 13h00 daar aangekom. Eers moes ons ‘n 10 minute video kyk oor vieligheid en toe ook ‘n toets skryf. Ons al 2 slaag met 100% en toe is dit hekpas by sekuriteit. Daar het ek nie glimbaadjie en hardehoed nie. Johan het wel gehad.



So sit ek maar ek wag biute. Sit amper 2 ure teen ‘n kar se wiel en wag. Eers moet hy leeg weeg, laai 3 sakke marmersand en weer vol weeg en ‘n lange tou lorries staan by die skaal om te weeg. 15h00 kan ons weer die pad vat terug pretoria toe.





Die stroper rusplek.


En ‘n groot snyeg agter ‘n trekker. Ons snyeg is 1,2 meter wyd



Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: anderste vakansie 5
« Reply #1 on: March 19, 2013, 12:52:45 PM »
Dankie vir die deel AB.  Ek moet nog die ander ook gaan beleef.  Altyd lekker om so saam te toer!   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.