Author Topic: visvang mei 2013 nr 2  (Read 5943 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
visvang mei 2013 nr 2
« on: May 19, 2013, 05:07:32 AM »
weer baie fotos
donderdagaand half 9 het nog 4 manne van worcester by ons aangesluit. 2 is baie ernstige vissermanne en die ander 2 probeer ook maar soos ek.

vrydag oggend is ons weer af see toe en die keer op die rotse vir hoogwater. lyk kompleet of wouter wys en sê: jy moet net daar gooi, dan sal hulle byt.




ek het weer my kamera saam geneem en die rooisee afgeneem



en die blou see ook



dit was vrek koud daar teen die see, so koue suid oos wind wat gewaai het na die kouefront verby is.

piet besluit toe hier is so baie dryfhout mens kan netsowel 'n vuur maak. ons eerste 3 manne se lywe was teen die tyd al seer en styf van op en af teen die duine en ver stap langs die see.



ek het toe maar weer om tyd te verwyl klomp fotos geneem. eintlik moes ek die 3 poot saam gebring het maar mens kan ook nie als saamneem nie.



so sit en staan ons maar met die hoop dat daar iets byt



en kyk maar hoe die see vol raak en leeg raak



die see is erg klipperig daar

en mens is net dankbaar as jy jou gereedskap voor aan die lyn weer terug kry.



en so met die wag het ek my maar besig gehou met fotos probeer neem



en so na middag ete van 2 toebroodjies het ek maar op die grond gelê en s;laap vir so 5 minute. die ander ouens het my al begin spot dat ek net so vinnig op my sy lê en voor hulle weer lekker kyk het ek klaar geslaap en is ek weer op en wakker om verder niks te vang nie.

dan neem ek maar nog fotos van die water wat kom en gaan





jammer oor die baie water fotos maar dis al wat daar verder was om af te neem



daar het darem 2 voëls wat ons aas dopgehou het kom sit.



die manne sit toe al so lank en wag dat hulle al oud geraak het



en hier vang piet werklikwaar 'n strepie



en peet het besluit hyt nou genoeg gehad van die dag se vistery



word vervolg

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: visvang mei 2013 nr 2
« Reply #1 on: May 20, 2013, 05:48:33 PM »
Pragtige foto's en die mooiste pienk see wat ek ooit gesien het.  Dankie AB. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: visvang mei 2013 nr 2
« Reply #2 on: May 20, 2013, 06:48:27 PM »
ek is bly jy hou van die pienk see. my kamera het 'n funksie in wat jy kan een kleur omruil met 'n ander kleur of jy kan een kleur kies en die res wit en swart neem, bv as jy 'n een kleur blom wil afneem waar die aksent duidelik op die kleur blom moet val en die res dan wit en swart.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: visvang mei 2013 nr 2
« Reply #3 on: May 20, 2013, 11:13:40 PM »
Dit bly darem maar 'n heerlike tydverdryf die kiekienemery ne ou Stoffeltjie  :icon_biggrin: Sien jy geniet jouself heel kleurvol  :headbang:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: visvang mei 2013 nr 2
« Reply #4 on: May 21, 2013, 04:19:07 AM »
ja ek moet erken ek geniet kiekies neem meer as visvang, maar dit klink seker simpel om te seg ek gaanvir 'n week iewers heen om net kiekies te neem (hehehe) nou gaan ek maar visvang en neem dan tussenin kiekies. ons kelder reel i jagtery in die kalahri in augustus met die langnaweek. ek het vroeër jare baie gejag maar deedae is ek nie meer lus vir jag nie. ek het my naam opgesit maar die kameras gaan beslis saam. al skiet ek niks bok nie sal ek seker darem fotos skiet en as ek dlak een bok of 2 skiet kan ek darem effens biltong maak.

ek spot sommer oor die weg gaan om kiekies te neem. dis makliker om pelle te kry om saam te gaan visvang of jag of toer en dan tussen deur kiekies te neem as om mense te kry om net vir kiekies neem saam te gaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: visvang mei 2013 nr 2
« Reply #5 on: May 21, 2013, 07:35:42 AM »
Pragtige foto's.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: visvang mei 2013 nr 2
« Reply #6 on: May 21, 2013, 08:39:43 AM »
Ek sal graag nog voorbeelde wil sien van die "kleur" waarvan jy praat AB. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: visvang mei 2013 nr 2
« Reply #7 on: May 22, 2013, 03:10:07 AM »
Ek sal graag nog voorbeelde wil sien van die "kleur" waarvan jy praat AB. 

meen jy nou van die kleur omruil?

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: visvang mei 2013 nr 2
« Reply #8 on: May 22, 2013, 03:19:14 AM »
Outop en ek natuurlik ook gaande oor die verstellings waarmee jy die water vasgevang het Stoffel!!  :notworthy: :icon_salut:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: visvang mei 2013 nr 2
« Reply #9 on: May 22, 2013, 03:53:14 AM »
daai kleur vervanging kan ek net met die mik en druk doen en nie met die SLR nie.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: visvang mei 2013 nr 2
« Reply #10 on: May 22, 2013, 04:03:47 AM »
Hmnmmmm! Nou verstaan ekke. Gewonder waar sit daai verstelling  :icon_bigsmurf: :icon_biggrin: