Kom saam met my na die tuin
waar die dou aan die roos se volheid hang,
soos kristal skitter as die son
dié glorie saggies kus op sy wang.
Adem saam die blommegeur
liggies deur die oggendbries aangewaai.
Kyk as die blare lentedans
terwyl die daeraad nag nekomdraai.
Voel die lewe wat reeds ontwaak
as die natuur opstaan vir die nuwe dag,
smaak die polsslag wat lewe bring
terwyl alles om jou rustig wag.
Nes die tuin in ons lewe,
want ons hart soos die roos lê sluimerend
- ontwaak alleen met die streling
van iemand se warmte wat jy ondervind.
Ervaar die vars bries
wat Hy oor jou lewensbaan wil stuur,
antwoord op die twyfel waaroms
heling vir die hartseer wat ons moes verduur.
Maak jou hart se poorte oop
vir my liefde wat jou lewe wil deel.
So kan ons mekaar ophef
terwyl dié band ons geluk ewig verseël.
© Francouis
1982/09/29