Author Topic: Afrikaanse Terg Verse (ATV)  (Read 24602 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« on: September 10, 2011, 11:07:51 PM »
Ek wonder hoeveel van hierdie soort humor skuil in die woordspens of tussen die plooie in ons wange wanneer ons grappenderwys so ietsie kwytraak? Naas die woorddief stal met groot vreugde jou tergversie uit en hoop vir nog baie  :book1: :notworthy:

 :munky2:
Al sit Lox langs 'n harige ding
bly hy maar ons liewe ling...

© Naas
« Last Edit: September 20, 2011, 05:21:19 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATG)
« Reply #1 on: September 14, 2011, 09:19:06 AM »
Dit is 'n uitstekende gedagte Raaitjie.  Ek sal my oor op die vloer hou en my oog op die skerm.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #2 on: September 16, 2011, 12:31:26 AM »
Dankie baie baie mater. My plek geboek en intussen hou ons die fort met so paar aangedraagde tergverse:

Suiker en wim werk teen luise in die tuin;
die luise eet die suiker - dan skuur die wim
hulle tande stomp en siedaar, nes die skim
het jou luisprobleme, ook oornag verdwyn!

© oudswaerie se 11 lettergrepige luisraad aan sy silwersus (sy woord vir gewese skoonsus)  :notworthy:

~~~~~~~~~~~~~

Ek het ook gehoor dat jy Wim moet snuif
as jy vuil gedagtes het.

Nou kry mens nie meer Wim nie en
Louwater Komo gee my borrelsiekte.

© Naas

~~~~~~~~~~~~~

Ek snuif wim,
my gedagtes is altyd skoon.  
Daar is 'n verskil tussen vuil gedagtes en lekker gedagtes.

© PM
« Last Edit: September 29, 2011, 03:08:05 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #3 on: September 16, 2011, 03:32:19 AM »
Op kreatiewe noo(d)t ♪♪ uit die woordkroeg:
 
Hier's sy weer,
 hier's sy weer,
 met haar rooirok voor jou deur,
 sy gaan jou doop, sy gaan jou doop,

al val jy driemaal van jou stoel
 dan staan jy op,
 sy gaan jou kry!
 
(Die biere/bure wou toe al vir PM betaal om stil te bly, toe dig sy maar ander noot verder voort  :icon_biggrin:)
 
Enige Tequila is goed vir my,
 soveel as moontlik
 so gou as moontlik!!
 
Eish,
 ek het al 'n paar keer afgeval.
 Eers van die lag
 en toe van die gesuip!!
 
Oeee!!
 Ek laaaiik syp,
 ag ek bedoel suip!!
 Amper val my valstanne
 in my dop!

Keer! Ag dis te laat, daar val ek al weer af!!

© PM

~~~~~~~~~~~~~~~~

© Mevrou Varkie  :snorting: en die morning after

Dit is wanneer jy begin bang raak vir geluide;
die son, jou lewer, die kat, jou vrou/man/baas,
jou skaduwee, die kraan, liewe heksie,
die swartgevaar
en die rooigety.

MAAR . . .

brandewyn het mos nie brieke nie!!
« Last Edit: September 20, 2011, 05:21:46 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #4 on: September 16, 2011, 04:01:21 AM »
Onooglike Kurwe Duet (PM & Meraai)
 
Ons
het kurwes
wat 'n landrot
seesiek sal maak
(M)
 
Dit
lyk vir my
meer na slaggate!
(PM)
 
Skuldig begin ons toe dink
aan minder eet en Loxie dra fotos aan
van plankdun geraamtes wat nog asemhaal.
Raak ons woorde anoreksies minder:


M: Kleine plankie!! (om die of een of ander rede pas grote griet net nie hier nie)
PM: Het jy geroep Raaitjie? Hier is Grote Griet!
 
« Last Edit: September 20, 2011, 05:22:11 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #5 on: September 16, 2011, 05:27:48 AM »
Ha-ha, ek het nie eers valstanne nie, maar dalk moet ek nie so gou praat nie.   :icon_biggrin:
« Last Edit: September 20, 2011, 05:22:37 AM by Meraai vannie Baai »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #6 on: September 16, 2011, 06:54:37 AM »
Wys jou nou net HOE voor in die koor kan mens raak op kale glasie vol woorde ne :bootyshake: Voor ek nou drankbaar raak laat ek eers my boete betaal aldan belofte gestand doen:

Net voor Stof weer soutmynwaarts keer
maan hy eers: Dit rym! Plaas dit in die bundel
sodat dit behoue bly vir die nageslag;
so gevra so gedaan - doet Meraai toe voort:

.....Luisie wat konkel jy en Y?
 :hello2: :book1: :notworthy:
« Last Edit: September 20, 2011, 05:23:27 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #7 on: September 16, 2011, 08:12:20 AM »
Van drink kan jul my niks meer leer.
Rooiwyn maak my nie seer,
brandewyn se remme breek
en drie skippies vaar die hele week.
Maar aai, die bier maak my heel swak.
Drink ek een, pie ek 'n hele sesman pak.



 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: September 20, 2011, 05:24:19 AM by Meraai vannie Baai »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #8 on: September 16, 2011, 08:22:51 AM »
Die swak is seker van op en af stap.   :toothy4:
« Last Edit: September 20, 2011, 05:24:58 AM by Meraai vannie Baai »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #9 on: September 16, 2011, 11:37:27 PM »
Nou wil ek Naas se grapvers vir Outop voorlees maar ek kry om die dood nie die laaste reel gelees sonder om van die woorde te verwoes in my geproesery!!  :hello2: :notworthy:
« Last Edit: September 20, 2011, 05:24:35 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #10 on: September 29, 2011, 03:35:46 AM »
Woorddief het weer met die besempie en woordmandjie so deur die erwe geswerf en 'n paar lyne gegaps  :notworthy: :book1:

adéle

perskes en vla,
so rukkie na die sondagmaal,
hier is ekke ook.

~~~~~~~~~~~~

Chichi se Fib:

ek
is
nou lus
vir kamp, duik
en braai en bier drink
en natuurlik baie wyn en swem,
lag en die son sien opkom en al daardie dinge!!

~~~~~~~~~~~~~~

Lox se epitaaf

Flyt fyt
my storie
is yt.

~~~~~~~~~~~~~

PM: Orkney Snork nie
Ons was daar anderkant Orkney Snork nie,
maar hulle slaap te vas om te snork,
want daar was geen opvangs nie.

Ek dink hulle moet 'n epitaaf skryf en dit
op die plek van die "welkom" bordjie plaas.

Die plek is so klein, as jy in die dorpie inry,
staan daar "welkom" op die bord,
as jy in jou tru-spieëltjie kyk,
lees jy "Totsiens, kom gou weer".

PM: Dankie 007
Ai suster Het, dit was nou vet pret.
As my baas my nou kon sien
sou ek my bedanking moes indien.
Van sit en staan kom niks gedaan,
ook nie van lees en sing nie!

PM:
My ma het gesê
jy moet kinders
net die inligting gee
wat hulle nodig het
en niks meer nie.

"Shut up"

PM: Drankbare ekke
Daar's hy, al my skapies in die kraal.
Ek is bly om julle almal hier te onthaal
op koek en tee in die oggend en perskes
en vla na die middagmaal.
Vanaand kry julle elkeen 'n stywe dop
om die litte reg te skop.

PM: Briefie
Jy was hier
toe is ek weg,
nou is ek hier,
nou is jy weg!


« Last Edit: September 29, 2011, 04:39:27 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #11 on: September 29, 2011, 06:14:37 AM »
Jy is 'n ou staatmaker 007.  Baie dankie, van jou drankbare sustertjie  :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #12 on: September 29, 2011, 09:00:39 PM »
Sjoe ek klink mos soos 'n wille enetjie!!
*The one and only AWESOME-EST


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #13 on: September 30, 2011, 02:40:19 AM »
Chichi ek sal jou spoortjies volg vir soetwoorde hoor  :icon_biggrin: Intussen ontdek ek vandag weer Stoffeltjie se eie terggediggie en dit het my net soveel vreugde verskaf as die eerste keer toe ek dit gegaps en gaan bewaar het  :notworthy:

Lox:  die by
 
die by
zoem zoem
weg is hy

En terwyl ek so deur ons gisterslyne dwaal vang die enetjie van PM my oog:

 Neerslagtig?
 Hoekom voel jy soos jy voel?
 Wat presies is die eintlike doel?
 Die duiwels wat jou altyd slaat!
 Net om jou neerslagtig te laat!
 Wys vir hul daai vingertjie van jou
 dan lag jy saggies in jou mou

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #14 on: September 30, 2011, 02:43:32 PM »
En ek is so neerslagtig, waar is daai nommer drie getroue waghond van my!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.