Voorstelle en klagtes > Waar is jy?

'n Boete vir Naas en Anastasia

(1/6) > >>

PM:
Julle word beboet!  'n Dierevers van julle elkeen of julle gaan reguit tronk toe.  Julle gaan nie eers by begin verby  nie, sommer reguit tronk toe!   :angel7:

Meraai vannie Baai:
Giggel ek opgewonde. Outop het so gesegde as die wekker afgaan om aan te dui hy moet nou padvat werk toe soggens half sewe.
"Go to work. Go straight to work!"

Anton Louw:
Gaan Naas en Anastasia pakslae kry?  :`ip2:    Ooooh Lekker!  :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai:
By die ou forum het ons sulke ABC boetes uitgedeel as iemand drooggemaak of nagelaat het om 'n bydrae te maak. Dit was pure woordpret Anton en ek het soveel skatte daar gaan gaps en bewaar wat ons nog steeds vreugde verskaf.  Ons sal sien of daar 'n boeteversie van die twee geliefde maters gaan verskyn of nie.

PM:
Nee wat, ons sal hulle net 'n strafversie laat skryf.   :evil6:   Jy kan hulle altyd op koffiediens plaas.  Siende dat hulle altwee onderwysers is sal hulle presies weet waarvan ek praat. 
Ek hoop hulle is gesond en het nie ander probleme nie.   :dontknow:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version