Piet Magriet: Welkom
Welkom hier by die drankbare drinkersusters se nes
Hier gaan alles! Ons sqeeze en ons teeze
en ons rook en ons suip en ons gaan lekker mal!
Kan ek vir u enetjie skink met twee vingers soet rooi stropies
en 'n voet gemmerlim of verkies u 'n tequilatjie
Sheilatjie?
Ag ekskuus
daar sluk ek jou in
maar wie't vir jou gesê
jy kan hier in my rooiwyn kom lê.
~~~~~~~~
Meraai vannie baai:
©
niemand het vir my gesê
dat ek nie mag kom lê
in jou rooiwyn
nou zoem
ek voort
waar
jy
my
nie
wil
hê
bzzzzzzzzzzzzzb
~~~~~~~~
Piet Magriet
Dit wil vir my lyk
jy het jou vergryp
aan die lag van my wyn.
Solank jy net "happy" is
en ek my vergis
oor die toestand van jou "pyn",
en jy is gladnie gedoem,
kan jy maar rustig voort zoem!
~~~~~~~~
Angelica
Rooiwyn
gaan saam met knettervuur
in die kaggel ook.
Al wat jy dan nodig het
is geselskap
en 'n hond by jou voete.
~~~~~~~~