Die Afrikaanse Forum
Voorstelle en klagtes => Die Inligtingkantoor => Topic started by: PM on June 20, 2011, 02:30:06 PM
-
Gedink ek sal hier 'n onderwerp begin waar ons vir mekaar kan laat weet wanneer ons vir 'n wyle nie beskikbaar sal wees nie.
Die verwoede bobbejaan is nou baie kwaai en ons sal maar liewers die stoep, waar ek opvangs het, verlaat.
More ry ons verder en ek sal van my laat hoor as ons weer opvangs het. Hou die fort hoor!
:love7:
:bootyshake:
-
Julle moet versigtig wees, daai goed het vierhande en baie groot tande. Hulle dink ook soos party mense wat ek gelukkig nie persoonlik ken nie, maar bekend is.. :icon_biggrin: :dontknow:
Veiligry! :toothy4:
:angel12:
-
Hier is ons nou in Beaufort Wes. Dit is koud buite maar warm binne! :icon_biggrin:
Dankie my matertjie. My se manlief is aan die stuur en jy weet mos, dan vat dit drie dae! :icon_biggrin:
Naas, ek het vir jou deur Meiringspoort gery. Ek was baie teleurgesteld. Orals is rusplekke en toilette gebou en die pas het sy unieke "na aan die natuur" vir my verloor! Dit is pragtig en skoon, maar dit is nie soos dit was nie.
-
Hoop die laaste deel van die verlof is net so aangenaam matertjie. Ons gaan van vandag af redelik op die pad wees en eers laataande tuis kom wanneer die normale huistakies weer opgevang moet word voor die volgende dag weer kilometers-vreet beteken! Van volgende week af behoort dinge weer stadig maar seker na normaal terug te keer en kuier ek weer saam met julle tussen die lyne :book1:
-
Dankie dat jy laat weet Raaitjie. Wees veilig! Geniet die rustige oomblikke en skryf 'n hond uit 'n bos uit! :love7: Ons behoort more op die laaste tuis te wees. Met die padverleggings gaan dit maar stadig.
-
hoop die res van julle reis is aangenaam. dalk loop julle vir Joe raak op pad met sy nuwe lorrie. hy was vanoggend hier aan.
-
Hier sit ek. :coffee2: Het gou so paar oomblikkies gesteel om net vinnig 'n draaitjie te gooi hier in die abc kringetjie. Die Meisiekinders is in stad toe en die uwe wou nie al snuiwende agterna piekel nie. Kinders was skaars verby die eerste gangeroe toe voel ek die alleenwees maak my meer benoud as die verkoue! Na twee en 'n bietjie weke van agt siele in een pandok tref die stilte my oorverdowend!
Stoffeltjie dit is nou baie aangenaam om jou ook hier raak te loop man!
-
En hier sit ek en gooi ook gou 'n draaitjie op die forum voordat ons die pad verder aandurf. Ons het gisteraand in Kroonstad oornag en sal verseker vanaand by die huis wees.
Hartlik welkom Lox. Gee my nog 'n rukkie kans om deur alles te werk. Ek wil vir jou 'n afdeling vir foto's oopmaak, gee net kans dat ek tuis kom. Soek solank 'n paar nuwe foto'tjies vir ons uit hoor!
Ai Raaitjie, ek hoop hulle kom gou terug! :icon_biggrin: Soms het 'n ou so 'n rukkie nodig om net weer asem te skep! :icon_biggrin:
-
Hier is ek! Uit en tuis en by die huis! :hello2: Dankbaar dat ons tuis is en dankbaar dat ons 'n veilige reis van 5,000 km gedoen het. Dit was elke kilometer die moeite werd. Elke matertjie wat ons weer kon sien en vashou en tyd saam spandeer. Baie dankie.
Lox, ons fotoplekkie is in plek. Nou wag ons net vir jou mooi foto's! Met tyd sal ek ons foto's ook aflaai en hier en daar 'n ietsie met julle deel. Ek dink ek het 'n afgeêtste foto van oupa bobjaan ook. :icon_biggrin:
-
Ek was stil, eers toegegooi gewees onder merkwerk, en vertrek seker oor so uur met vakansie Suidkus toe. Slaap vanaand oor op die pas, en druk dan more verder deur. Ek sal heelwat stil wees. :toothy2: :toothy2:
-
Ag wonderlik! Ry veilig en kom in een stuk tuis. Geniet die vakansie, jy verdien dit. :love7:
-
nou kan ons almal weer hallo sê en meedeel dat dit goed gaan
-
Ek was in 1992 op Meiringspoort. Genade daai plek stink erg van die urine. Sjoe wat word van die mensdom. Ewentewel, bly om te hoor jul is veilig tuis PM. Geseende week verder.
-
Ek was in 1992 op Meiringspoort. Genade daai plek stink erg van die urine. Sjoe wat word van die mensdom. Ewentewel, bly om te hoor jul is veilig tuis PM. Geseende week verder.
seker in die droee seisoen wat julle daar was.
-
Dankie Oubaas. Ons het al weer 'n vakansie nodig! :icon_biggrin:
-
Kyk wat loop ek weer hier raak. Waar is jy?
Hannes is nog in Sjina maar ek is net hier en is nie van plan om iewers heen te gaan nie.
Ek wonder waar is Oubaas en Edelsteentjie en WW en Blouetjie en Louis WeKa en... ons mis julle.
Hier het ons vir Lox hallo gesê en ek is bly hy is nog steeds aan die werk om vir ons elke dag iets nuuts te kom aflewer.
Dankie aan almal wat so getrou saam gesels. :love7:
-
Waar is jy?
Ek is nou by die werk. Net nou oppad huistoe. Dan vinnig die dubbeldekker laai, en wag vir my beterhelfde. Dan ry ons Beaverlac toe whoop whoop whoop!!!! Berge hier kom ons. Hou vas ons is oppad. :evil6:
:angel12:
-
hol rond op die plaas nes ek dink dit raak stiller dan dop iets anders uit soos die werkers se huise se septic tenk wat vanoggend besluit hy loop oor.
-
Dit is sulke tye dat 'n mens spyt is jy het werkers en ook dankbaar is jy het werkers. :icon_biggrin:
-
dis waar ja maar e is hulle meer dankbaar want sonder hulle kan ek nie boer nie en sonder my kan hulle nei aangaan nie
ons het mekaar nodig
ek wens net dat ons slag geld kan kry vir ons produk dat ek hulle 'n goeie verhoging kan gee en ook 'n lekker bonus
as so iets soos die spetic tennk ding gebeur knyp ek maar oë toe en doen die werk en kry klaar en gaan aan waar ons laas opgehou het
-
Sit hier om gou-gou bietjie op te vang en koerant lees dan regmaak om Bonnievale toe te ry.
Gaan na 'n venue kyk vir die kinders se troue.
Dit is jammer dat ons nie by Lox kan uitkom om 'n toertjie deur die wingerde en kelders te doen nie.
My (skoon)dogter moet namiddag 'n dansstudend help met haar eksamen passies so ons sal laat terug wees.
Soms is Koffie op die nugter maag net die ding om die nagspinnekoppe uit te rook.
-
geniet julle se dag. ek is oppad see toe
kom draai i ander dag hier
-
Geniet julle dag matertjies, kom veilig tuis. Ek sal solank soek vir iets om te plaas om oor te skryf. Dalk lees hier iemand anders wat my wil voorspring. Ek sal bly wees natuurlik. :icon_biggrin:
-
Waar is ons forummoeder? Smaak my Leeupoort se bojane het haar tande gesteel.
:icon_bigsmurf:
-
Ek hoor julle wonder waar ek dwaal?
-
Ek het my dood verlang na jou. Vertel bietjie hoe dit gaan. :hello2: :hello2: :love7:
:icon_bigsmurf:
-
Aaai... Fffffvelskoen. Daar verdwyn my noorderliggie weer...
Wou net opgewonde raak.
Hierdie verdomde eensaam gange gaan my na skoolmeisies en groen koeldrank dryf.
:icon_bigsmurf:
-
In die hol eggos
van verlate gange,
Verstil woorde
soos verlore gesange.
Gaste wat daar dwaal
luister stom.
Maar versmaaide afwagting
hoor geen woord uit hul kom.
In alleen klowe
word alleengesprekke gevoer.
Geen antwoord om te hoor
as tortelduifie vir homself sit koer.
Dit is so dat alleen mense maar met hulself sit praat, somtyds hulself antwoord. Maar as hul eers met hulself baklei moet hulle liewerste hul bekke hou of 'n sielkundige gaan sien.
:icon_bigsmurf:
-
Oom Naas, jy moet die skoolmeisies uitlos. Jy's getroud.
Ten minste kan ons twee nog met mekaar gesels. :pottytrain2: :snorting: :dontknow:
:mumum:
-
Hier is ek ook. Naas, Assie het goeie raad hoor :toothy4:
-
Die Assie kind is partykeer bietjie voor oppie wa met haar ou Oom. Ek dink ek moet 'n slag plaas toe ry en haar bietjie gaan karnuffel.
More Ta Raaitjie. Ek is bly om so 'n eggo spoortjie in die middernag hier raak te loop.
Groete vir Outop.
:icon_bigsmurf:
-
Beloftes... Beloftes...
Ek moes die laaste bak paddaogies alleen opeet.
:mumum:
-
Groete oorgedra hoor. As julle weer paddaogies eet, skep sebliefie vir my ook 'n porsie.
-
Hi julle. Ek is so jammer dat ek so skaars is, maar ek belowe, julle is elke dag in my gedagtes.
Ek hoop regtig dat ek binne 'n paar dae weer 'n normale lewe kan hê.
Alles wat kon verkeerd geloop het, het so gedoen. Ons is besig om alles reg te ruk en dinge behoort binne die volgende paar dae weer normaal te verloop. (Ha-ha, wie probeer jy bluf?) :dontknow:
Noudat ek weer terug is in die stad wil ek probeer om "fiber" te kry, as iemand raad het, help asseblief!
Ek is gatvol gesukkel met diensverskaffers wat fokkollie diens lewer nie.
Ek moet nou gaan doeks, het more 'n vol dag.
Liefies vir julle! :love7:
-
Sterkte met alles wat jou kniege knak PM. Die fiber ding maak 'n verskil hoor!
-
Ons het baie fiber in ons graanflokkies.
Oupa se al die fiber hou sy maag gereeld en dan kry ons genoeg oefeninge sodat ons nie gim toe hoef te gaan. Dit hou ons fiks en gesond instede van hardlywig en rond.
:mumum:
-
Aai Assie, jy het nou weer jou Pro Nutro gesnuif en heeltemal verkeerd verstaan. PM praat van die moderne telefoon lyne wat die regering nou weer oral begrawe het. Dit maak die internet baie vinniger sodat ons beter en goedkoper op die forum kan kuier.
Ek wonder partykeer of jy nie dalk jou haartjies daai nie.
:icon_bigsmurf:
-
:binkybaby: Dit beteken ek is onskuldig en weet van niks. :toothy4:
-
Die Amerikaanse argeoloe grawe op 400 meter koperdrade oop en verklaar dat hulle 300 jaar terug al telefoontegnologie gehad het.
Engelse argeoloe grawe op 350 meter fiber kabels oop en verklaar dat hulle 300 jaar terug al internet tegnologie gehad het.
Die Suid Afrikaanse argeoloe grawe en grawe. Toe hulle na 400 meter nog niks gekry het nie verklaar hulle dat RSA 300 jaar terug reeds wifi gehad het.
:icon_bigsmurf:
-
Regtig! Wrewrig? Nou lieg iemand vir my!