Author Topic: Wanneer kom my 'Uiteindelik'?  (Read 3505 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Wanneer kom my 'Uiteindelik'?
« on: January 22, 2012, 04:22:09 PM »
Vir baie het 2012 nog nie 'n silver randjie gehad nie.  Of nee, vir baie van ons het 2012 nog net onweerswolke gebring.
Dit was een van die moeilikste tye by die werk die afgelope 3 weke. Ek dink hierdie tyd se voorganger was toe ek by hierdie maatskappy begin het en ek niks geweet het van klerikale werk. Ek was in die diepkant ingestoot en moes swem! 
Maar net soos toe, sal ek swem en my kop hoog hou sodat ek nie verdrink.
Gelukkig is die ergste oor.  Nou moet ons net werk aan ons spoed en die res van die sisteem onder die knie kry.
Dit was baie stresvol. En boonop het ek 'summer flu' gehad verlede week.
Min slaap, stres, somergriep en ek is uitgeput.
Wanneer, o wanneer, kan ek op die vliegtuig klim met my tropiese hempie en jeans en my sonhoed op die kop, sonbrilletjies en 'n smile...
Net drome, want daar is geen hulp vir my by die kantoor. 
My verlof aanvraag vir April is ge-'decline'.  Te ver in die toekoms, hoor ek.  Nou wag ek maar dat ek neerval. Dalk dan.
Onweerswolke:  Hoor ek Vrydag iemand se hy het nog nie gehoor dat enigeen 'n goeie week beleef het in 2012.
Maar daar is nog 11 maande en 'n hele week.
Dit kan mos net beter, of hoe?
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wanneer kom my 'Uiteindelik'?
« Reply #1 on: January 23, 2012, 02:41:29 AM »
Soms beleef 'n mens mos vier seisoene in een dag ... ons eerste paar weke van hierdie jaar was besig. Bitter besig en Outop en ek het ook al begin wonder of die res van die jaar so dol sal wees Angelica! Hoop daar kom uitweg en hulp vir jou!

Weet jy wat besef ek elke dag al hoe meer? Hou ouer 'n mens word, hoe minder word die kragte LOL! Behalwe die gewone alledaagse takies en verantwoordelikhede het ons kleingoed gehad om na om te sien al om die ander week, weens onvoorsiene omstandighede, en is omtrent gedaan. Nie meer gewoond daaraan om snags op te staan vir kleingoed.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wanneer kom my 'Uiteindelik'?
« Reply #2 on: January 23, 2012, 07:53:02 AM »
Wat 'n mooi prentjie!

Wanneer, o wanneer, kan ek op die vliegtuig klim met my tropiese hempie en jeans en my sonhoed op die kop, sonbrilletjies en 'n smile...

Dit sal kom liefding, moet dan nie die sonbrandolietjies vergeet nie!

Jy is reg Raaitjie.  Die gees is gewillig maar die vlees is swak en die bene oud!  :icon_biggrin:

Hierdie eerste paar weke was vir my rustig in vergelyking met verlede jaar. My ore lê nog plat langs my kop, dit lyk of ek 'n permanente glimlag het (g-force) en my neus is stomp!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wanneer kom my 'Uiteindelik'?
« Reply #3 on: January 23, 2012, 08:05:37 AM »
Lekker nonnegiggel ek nou hier op my eentjie  :icon_biggrin:

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Wanneer kom my 'Uiteindelik'?
« Reply #4 on: January 23, 2012, 09:18:19 AM »
 Wanneer kom my 'Uiteindelik'?



Dit gaan nie kom nie, mens moet dit self gaan haal.

Ek lees nou 'n baie goeie boek daaroor, geskryf deur Quintus Smit en die naam is: Nuwe lewe vir 'n moeë lyf.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wanneer kom my 'Uiteindelik'?
« Reply #5 on: January 23, 2012, 10:07:58 AM »
Kom deel dit met ons ook Lox. Ek kan doen met 'n paar wenke vir my se moeg "lyfie".
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Wanneer kom my 'Uiteindelik'?
« Reply #6 on: January 23, 2012, 10:45:50 AM »
ek sal probeer, die hele boek omtrent 'n opsomming van dit wat werk in jou lewe en dit wat nie werk nie.

hoofsaak is jy is self in beheer van jou eie lewe, nie jou omstandighede of verlede nie, maar jy self. jy is ook in beheer van jou eie geluk, en dis nie geld en geleenthede wat geluk koop nie maar wat jy maak met wat oor jou pad kom.

of jy energie van buite nodig het om jou te dryf, soos as jy deadlines het of gedreig word of wat ook al en dinge gebeur met jou en of jy dinge laat gebeur en jou energie van binne kry.

sal later nog skryf daaroor.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wanneer kom my 'Uiteindelik'?
« Reply #7 on: January 23, 2012, 11:51:29 AM »
Hulle seg mos die waarheid is naak, maar hierdie waarhede het 'n mooi pakkie aan.  :icon_biggrin:

Ek persoonlik dink dit het baie met 'n mens se "uitkyk" op die lewe te doen.  "Waar jy vandaan kom", hoe jy groot gemaak is en jou algehele persoonlikheid het 'n groot invloed op die besluite wat jy neem. 
Ons het rof en arm groot geword.  Daar was nie tyd vir snert nie. Jy het gewerk of gebars! As jy iets gratis gekry het was jy die dankbaarheid vanself.  As dinge verkeerd geloop het was dit 'n uitdaging en my se ma het gesê, daar is geen probleme wat nie oorbrug kan word nie.  Gebruik jou verstand en vind 'n oplossing vir die probleem, moenie kerm nie.  Verander dit wat jy kan en aanvaar dit wat jy nie kan verander nie.  Dit alles klink genadeloos, dit is ook nie maklik nie, maar dit het van ons sterk mense gemaak. 

Soms het 'n mens "'n hupstootjie", of 'n "vat my aan die hand" nodig, maar as jy begenadig is en jy het daardie energie wat van binne kom, is jy gestel!

Bring nog asseblief Lox, ek lief dit!
Om te weet is om te verstaan.