Author Topic: Die Rooi Taxi se laaste vaart...  (Read 2717 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Die Rooi Taxi se laaste vaart...
« on: December 18, 2011, 07:15:46 AM »
http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Reg-om-Yssee-vir-oulaas-te-pak-20111217

Ek het die voorreg gehad om op 'n 'toer' te gaan op die SA Agulhas net voor haar tweede laaste vertrek Suid.
Die Rooi Taxi het in die Kaapstad hawe gele en ek kon aan geen ander iets dink om eerder te doen as om aan boord te gaan en dit te belewe nie.
Ouma het in die Kaptein se stoel gaan sit vir 'n bietjie rus na die steil staaltrappies van dek tot dek.
En die manne is vriendelik.  En geduldig met ons oues.
Wonderlike ervaring.

Louis, sal jou seun met die SA Agulhas terugkeer vanaf Marion of keer sy terug voor sy tyd om is? Hy is op Marion hierdie keer?

Ek wonder wat van die SA Agulhas sal word, siende dat sy in nog so 'n goeie toestand is, wanneer sy 'aftree'.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Rooi Taxi se laaste vaart...
« Reply #1 on: December 18, 2011, 08:19:20 AM »
Baie dankie vir die nuusbrokkies wat jy altyd aandra EllĂ©.  Dit is baie interessant. 

Louis, dit moet baie interessant wees om na al die gebeure op die eiland te luister.  Kom deel 'n bietjie met ons toe. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: Die Rooi Taxi se laaste vaart...
« Reply #2 on: December 19, 2011, 07:57:50 AM »
ek dink........ die see sal so klein bietjie dieper word van al die trane wat gestort gaan word oor die skip se 'aftrede'
soos meeste ander skepe sal sy ook seker maar opeindig in n skrootwerf iewers in die wereld

daar is so baie foto's van Antartika en Gough eiland  dat ek nou nog nie deur hulle almal gekyk het nie
ek weet net dat daar 14000 foto's op Gough geneem is en dan nog video ook. die kind het n ongelooflike lewe en ekke
raak aloers. een van die dae (april/mei) kom hy terug vanaf Marion eiland met seker net so baie of meer foto's.
hy het gese hy gaan die beste fotos laat druk in boek vorm. dis nou een boek per ekspidisie. dit behoort stunning te lyk.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Rooi Taxi se laaste vaart...
« Reply #3 on: December 19, 2011, 08:49:05 AM »
Dit moet 'n ongelooflike ervaring wees en ek glo dit verg 'n baie spesiale persoonlikheid om gelukkig te wees in sulke omstandighede. 
Om te weet is om te verstaan.