Die Afrikaanse Forum
Bak en brou => Resepteboek => Klein koekies => Topic started by: Terry on May 28, 2013, 02:13:02 PM
-
Julle sal dit nie glo nie!
GEEN MEEL, GEEN OLIE, GEEN WIT SUIKER!
Grondboontjiebotter sjokolade koekies
Bestanddele:
1 1/4 koppies blikkies kekerertjies (chickpeas), goed gewas en droog gemaak met kombuispapier
2 teelepels vanilla ekstrak
1/2 koppie grondboontjiebotter
1/4 koppie heuning
1 teelepel bakpoeier
knypie sout
3/4 koppie opgekapte melksjokolade
Metode:
Verhit jou oond tot 350°F / 175°C.
Meng al die bestanddele behalwe die sjokolade in 'n voedsel verwerker (ek dink dit is Afrikaans vir food processor). Maak seker als is deeglik fyn, roer so nou en dan en verwerk verder.
Meng nou die sjokolade in en roer met 'n houtlepel. Die mengsel behoort baie dik te wees.
Met nat hande, rol klein balletjies en sit in 'n oondpan wat gesmeer is met bietjie botter. Bak hulle vir ongeveer 10 minute.
Jy sal so 14 happies maak met hierdie resep.
-
Dit klink heerlik!
-
Ongelooflik! Nie gedink dit is moontlik nie Terry. Stem saam met Fransi. Dit klink heerlik :toothy4:
-
Baie dankie vir die deel Terry. :bootyshake: