Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Baie geluk... Baie welkom => Topic started by: PM on June 26, 2013, 01:19:06 PM

Title: Baie welkom Woestynkind
Post by: PM on June 26, 2013, 01:19:06 PM
Baie hartlik welkom hier by ons Woestynkind.  Spring orals in en maak jouself tuis.  Indien jy enige hulp nodig het, kom vra sommer hier, jy is welkom.   :bootyshake:  (Dit is PM wat die forumdans doen.)   :icon_biggrin:

Hier is 'n kort bekendstelling van Woestynkind. 

Ek is 'n jong joernalis van Namibië se Afrikaanse koerant, Republikein. Ek het 'n passie, 'n hartstog vir my taal, vir skryf en wil vreeslik graag van ander leer en eendag hopelik iewers in die skryfwêreld kom. Ek droom daarvan om te skryf vandat ek nog klein is. 
Ek het in Potchefstroom kommunikasiekunde studeer, my honneursgraad in 2010 voltooi en 'n Suid-Afrikaner getrou.

Woestynkind, ek het vir jou 'n eie plekkie geskep waar jy jou skryfwerk in kan plaas, ons sien uit daarna om jou werk te lees. 
Title: Re: Baie welkom Woestynkind
Post by: Terry on June 26, 2013, 01:28:48 PM
 :wave:  Baie welkom Woestynkind..
Title: Re: Baie welkom Woestynkind
Post by: Fransi on June 26, 2013, 02:09:32 PM
Baie welkom.
Title: Re: Baie welkom Woestynkind
Post by: Meraai vannie Baai on June 27, 2013, 11:27:17 PM
Kaggelvuur verwelkoming vir jou Woestynkind. My plek geboek vir jou woorddisse wat jy vir ons gaan voorsit :notworthy:
Title: Re: Baie welkom Woestynkind
Post by: Ah Willa on June 28, 2013, 09:44:51 AM
 :wav: :wav: :wav: :wav: :wav: :wav: :wav: :wav: :wav:
by gebrek aan woorde, maak ek 'n vreugdevolle hallo wave
 :wav: :wav: :wav: :wav: :wav: :wav: :wav: :wav: :wav: