Die Afrikaanse Forum
Bak en brou => Resepteboek => Deeg vir vleis of terte, pizzas, ens. => Topic started by: PM on January 29, 2016, 01:53:37 PM
-
Die PASTEIDEEG vir lui vroue soos ek
• 1k koekmeel
• 2 t bakpoeier
• 125 ml botter of margarien
• ¾ k melk
• 1 eier
• 2 ml sout
• Vryf botter in meel.
• Klits eier, melk en meng dit in die meel in vir ’n slap deeg.
• Drup bo-oor die hoender en bak by 180°C.
Wanneer die luivroudeeg gebruik word, moet die vleis lekker souserig wees. Die vleissous bak “in die deeg in”. Dit deug ewe goed op maalvleis of wildvleis wat ontbeen is.
-
Ewig dankbaar vir ons gas wat hier kom aansit het :notworthy: PM, jy is 'n ster mater!!
-
Ek het gisteraand die lekkerste kluitjies gemaak. Dit is regtig goedkoop en maklik. Kyk gerus by Petra se modderkoekies.
-
Het gaan loer en kwyl nog steeds :toothy4:
-
Die een gaan ek sommer die week proebeer.
:icon_bigsmurf:
-
Jy moet groot assemblief kom wys Naas.
-
Ek het lankal opgegee met fotos op die forum maar ek sal vertel.
:icon_bigsmurf: