Author Topic: Hou jy van verrassings?  (Read 4274 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Hou jy van verrassings?
« on: September 18, 2013, 12:14:02 PM »
Daar is seker iets fout met my, maar ek hou nie van verrassings nie. 
Nou-ja, daar is seker "verrassings" en ander verrassings, maar hoe dit ookal sy, ek hou daarvan om of self te kies of as iemand vir my kom kuier voorsorg te tref. 
Hoe voel jy daaroor?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hou jy van verrassings?
« Reply #1 on: September 18, 2013, 05:56:30 PM »
Hang af wat die 'verrassing' is..
My vorige skoonfamilie sou 4am jou kom opklop met 'n 'SURPRISE!!!, ons kom by julle koffie drink / rugby kyk. Ons het ons eie beskuit saam gebring.'  Grrrrrr.
Nee, jy kontak my en ons maak 'n afspraak.  Jy daag nie sommer net op nie.
Maar as jy my verras deur vir my blomme te laat aflewer.. wow, dis heerlik.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hou jy van verrassings?
« Reply #2 on: September 19, 2013, 04:40:21 AM »
Joeg, 4 uur in die oggend is darem een te erg.   :icon_scratch: Dan sluimerslaap ek nog, maar ek is seker as iemand my daai tyd van die dag kom besoek is ek wawyd wakker.   :icon_biggrin:

Ek bad nie.  Ons kan soos oor Kersfees in 'n groep sit en geskenkies uitdeel, dan sal almal om my die heerlikste lekkerruik stortseep ontvang en ek kry die badsout.  :icon_biggrin:  Gelukkig het ek 'n skoonsuster wat graag bad.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hou jy van verrassings?
« Reply #3 on: September 19, 2013, 06:26:18 AM »
Hie hie... miskien is 4am bietjie soos dit gevoel het.  Maar dat hulle jou surprise het met die hele familie baie vroeg, dis waar.
Ek het nog baie min geskenke ontvang wat werklik my asem weggeslaan het. Gewoonlik is dit iets wat jy WEET gegryp is in die verbygaan, sonder dat my persoonlikheid in ag geneem is.. Ek bedoel, werklik, NOG 'n blomme-vaas?  As jy die blomme weekliks sal stuur daarvoor dan, JA. by all means.
Gee dan liewer vir my 'n Woolies Gift Card sodat ek my eie geskenk kan koop.
Jitte, dink ek nou aan die familie en die se vriende wat kom kuier by die (verlangse) familie by die see oor Desember...  :pottytrain2:
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hou jy van verrassings?
« Reply #4 on: September 19, 2013, 07:39:31 AM »
Ha-haa.  'n Blommevaas sonder blomme.   :icon_biggrin:  My mense weet ek koop nie sommer geskenke vir verjaarsdae nie.  Ek sit die geldjie in 'n koevertjie en hulle koop self waarvan hulle hou. 
So deur die loop van die jaar, as en wanneer ek by 'n winkel instap en ek sien iets wat my aan 'n persoon laat dink, dan koop ek dit en gee dit. 
Ek lief "Nutties" en so 'n dosietjie kan my hou vir maande.  Net so nou en dan glip ek een in die kies en suie daaraan tot dit op is.   :icon_biggrin:
Ek het nog my piek quarts wat ek by jou gekry het.  Dit het 'n ereplek op my lesenaar.   :love7:

Ai, dis nou jammer dat ek nie verlangse familie in die Kaap het nie.   :sign10:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Hou jy van verrassings?
« Reply #5 on: September 19, 2013, 07:52:59 AM »
Nie van die soort wat jou planne vir die dag omverwerp nie, maar as die paniekaanval van onverwags verby is, draai dit gewoonlik lekker uit. :-)

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hou jy van verrassings?
« Reply #6 on: September 19, 2013, 06:14:12 PM »
Wat is die pitts as dit kom by onoordinkte (onoorgedonkte) geskenke??
As jy badsout kry en jy het net 'n stort.   :BangHead:

Kom ek vertel julle wat die ultimate verrassing sal wees en ek jou om jou nek gaan laat val en hou en hou en klou....
As jy my SARS vormpie invul.
Elke jaar doen ek dit sommer vroeg-vroeg, maar hierdie jaar wil die lus my nie oorval nie. Nou hoor ek ek kan maar nog wag tot net so voor end Oktober.

elle

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Hou jy van verrassings?
« Reply #7 on: September 20, 2013, 07:50:23 AM »
 :icon_biggrin: Ja, hulp met die invul van enige formele, amptelike vorm is 'n GROOT geskenk.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hou jy van verrassings?
« Reply #8 on: September 20, 2013, 09:06:16 AM »
Ek pleit sommer blind as dit kom by vorms en dinge.  Gelukkig het ek 'n seun met 'n rekenmeester.   :icon_biggrin:  Sy, ja sy, vra nie 'n arm en 'n been nie.   
Dit was 'n heerlike verrassing toe ons vanoggend wakker word en dit reen so baie baie liggies.  Die wind is stil!  Die son is nou uit en die vogeltjies tjirp soete deuntjies.  Wonderlik. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hou jy van verrassings?
« Reply #9 on: September 20, 2013, 11:52:03 AM »
PM julle kan my enige tyd 4uur in die oggend kom wakker klop al is dit ook 12 uur in die middag.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hou jy van verrassings?
« Reply #10 on: September 21, 2013, 10:27:06 AM »
Ha-haa, jy sal nog so middagslapie vang dan is ons op jou!   :icon_biggrin:
Jy is nie eers by die huis nie!   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hou jy van verrassings?
« Reply #11 on: October 22, 2013, 04:46:27 PM »
AB, ek het 'n aangename verrassing gehad toe ek nog drie bottels Belladonna in my wynrak ontdek.  2009!  Nou suig ons rustig aan 'n botteltjie.  Verlang ek Kaap en sy mense toe. 
Om te weet is om te verstaan.