Bak en brou > Maalvleisgeregte

Heerlike frikkadelle

(1/5) > >>

PM:
Oond:  180 grade.

Neem plus minus 1 kg  maalvleis.  As jy wil,  500gr vark en 500gr bees. 
Krummel twee dik snye brood.
Rasper 2 groot uie, 2 geelwortels en 2 aartappels.
100 ml melk
2 eetlepels asyn
2 pakkies bruin soppoeier
Meng alles saam en proe of dit sout genoeg is.
Voeg nog sout by indien nodig en 'n lekker skoot swart peper.
As jy van 'n brandjie hou,  voeg brandgoed by.
Meng goed en maak bolletjies.
Plaas in 'n pan wat liggies met olie gesmeer is en bak dit in die oond totdat dit gaar genoeg is.

Geniet dit!  Dit is heerlik!



Meraai vannie Baai:
Gaan hierdie Donderdagaand maak vir ons padkos!  :icon_biggrin: :hello2:

Fransi:
Dit klink so lekker dat ek onmiddellik in my gedagtes deur die koskas en yskas gegaan het om te sien watter bestanddele ek kort.

PM:
Ek vergaap my altyd aan die "aantal kere gelees".  As almal dit gelees het, sou ek graag wou hoor wie dit gemaak en geniet het. 

PM:
Het ek toe gisteraand weer hierdie resep probeer met baie knoffel en gemmer en 2 eetlepels brandewyn.  Mama Mia!  Heerlik heerlik.  

Die eerste 15 minute het ek die oond op 500 grade F gehad en dit die laaste 5  minute onder die rooster gehad.  Die bolletjies was net so effens groter as gholfballetjies.  Dit was heerlik sappig. 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version