Ek dek vir ons 'n plek
in my verskombuis:
"kom-proe-saam-poësie"
Bon Appetit!
:icon_salut:
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC00527.jpg)
Die pad na 'n man se hart
loop deur sy pens - so word vertel.
Maar ek verskil van hul; die pad
na my Outop sin, is gekamoefleer
so het ek geleer - dit loop deur sy lens!
© Meraai vannie baai
*En hier is 'n paar verskombuisgedigte wat ek lank gelede gebottel het op die woordrak:
[/i]
Piet Magriet (PM) Kolwyntjie:
As geluk meel was,
'n glimlaggie - bakpoeier,
Vertroue - eiers
& liefde - suiker...
Was jy 'n besonderse heerlike kolwyntjie.
©
Hannes sê ook hy is nou so lus vir sooibrand, hy eet sommer 'n kolwyntjie!
Naas: (vir 007)
"As dierbaar 'n glas was,
'n glimlag, ys
liefde, brandewyn
en bedagsaamheid, Coke.
Dan was jy een moerse lekker dop!
En ek,
dan was ek permanent getwarra."
©
:toothy4: Hierdie enetjie moet ek deel, toestemming lankal verleen om uit te stal
Gietertjie
......op my grafsteen....
Hier lê Gieterjie
eienaar van een pot
en tot die dood uitgehonger
©
Gawelina:
Vandag;
gaan ma,
'n slag kook!
Rys, vleis,
aartappels
en pampoen.
Ek
hoop
ek
kan
nog!
Gewoonlik
eet
ons
bybels:
Elke dag-
die kos -
geoffer sien.
TGG ©
Piet Magriet
... ek gaan nou daai toebroodjie maak!
Maak nie saak hoeveel chips en mayonaise
Ek daarop gaan plak en of die tamatiesous kante raak
Hoeveel warm rissiesous en hoendervleis
of komkommerskywe en tamatieringe en uie in glip,
ek gaan soveel lae van die lekkerste brood
wat ek myself elke dag misgun en oor skuldig voel, wit
van die sout gooi en dit in die oond in stoot.
Dan gaan jy my sien smul dat die sous orals oor vassit!
©
Piet Magriet
As ek klaar gekook het
is al wat oorbly
om te was;
die borde
en eetgerei!
As Pa -
of die seuns
gekook het,
staan die wasbak;
tot teen die dak,
vol!
Die vloere is besmeer,
die oond is vuil
en die stoofblad ...
lyk te naar!
Ook nie
'n skoon vadoek,
in sig nie!
Eish!!!
Maar -
ek lief hulle!
TGG ©
Naas
Ek het in een dag van 126 kg aaklige vet ontslae geraak toe ek my seketaresse gefire het ...
so sop vir julle!
©
Ek sit nou met 'n smile van oor tot oor ... dit was nou prettige mooi woorde hier by die mooi tafel,
dankie Meraai
ek het ook gerol soos ek gelag het vir die een - dit is nou net Naas wat dit so kan kaas!
Naas
Ek het in een dag van 126 kg aaklige vet ontslae geraak toe ek my seketaresse gefire het ...
so sop vir julle!
©
Dankie Raaitjie, dit is heerlik om so 'n ietsie saam te drink so vroeg in die oggend.
Hier is een vir my Ouma Naas, maar ek sukkel my stêre af om dit gesentreerd te kry.
Daars hy nou, hy wil eers "gepost" word.
Polisindeton is die oorvloedige gebruik van voegwoorde:
proe ek karringmelkbeskuit
of
maalvleisbolletjies
of
die geur van gemmerkoekies
of
dadelbroodjies
dan
slaat die verlange my onderstebo
na
my
eie
Ouma Naas
dan mis ek ook vir oom Hertzog
ek sê vir jou
sy bak vir hom stokflou