Hierdie was een van my eerste plasings op Woes. Kyk tog hoe "onopgevoed" ek in po-e-sie was. Hier was ek nog 'n rymelaar. Ek wonder wat sal voortspruit as ons van ons ou werk vat en dit vandag weer skryf. Dink julle dit sal 'n uitdaging wees?
Sy is nie so mooi nie
Maar haar lippies is rooi
Ek het haar gevra en
Beloof ek sal my gedra
Ek laai haar op
Om fliek toe te vat
Daar gekom
Kou sy kougom
Ek wil haar soen
Maar sy wil dit nie doen
Wil haar handjie vashou
Hou dit op haar skoot gevou
Vra ek met hoop in my hart
Skaam en half verward
Wil jy daar agter sit
Sal jy daarvan hou?
Antwoord sy met ogies skeel
En haar tandjies skeef
Wat ‘n skewe gedagte
Ek wil voor sit hier by jou!
Kommentaar
weskusvrou
weskusvrou
hêhêhê, arme mansmens was seker uitgeboul met haar antwoord!!! Te kostelik, baie dankie!
E-pos 7 jaar 2 weke 20 ure oud
Bigfoot
Bigfoot
Ek wil by jou sit.
Toe ek hier lees, kom lê die onthou by my voete en loer so onderlangs vir my. Onthou jy nog? Dankie vir 'n terugreis na gister en die dag voor dit. Jy verwoord dit pragtig. Dankie vir hierdie een. Dis kosbaar vir my.
E-pos 7 jaar 1 maand 1 week 13 ure oud
Elizabeth Kendall
Elizabeth Kendall
Ek wil by jou sit
...dis mos maar die heel lekkerste plek, daai by-jou-sit sitplek! Mooi woorde!
E-pos 7 jaar 2 maande 3 weke 1 dag 7 ure oud
Trapsoetjie
Trapsoetjie
Vreeslik oulikies. Mal oor die laaste sin. Ek wil hier sit by jou. Pragtig
E-pos 7 jaar 4 maande 1 week 1 dag 2 ure oud
Anria
Anria
dis nou te pragtig !
E-pos 7 jaar 4 maande 1 week 3 dae 10 ure oud
Madz
Madz
Inry
Dit is die dierbaarste gedig wat ek in 'n lang tyd gelees het. Dis lekker om die week te begin met herrinneringe aan 'n tyd (die dinosourisse was nog op aarde) toe ek allerhande strategieë bedink het om ongewenste handjies-vashouery te ontduik.
E-pos 7 jaar 4 maande 1 week 3 dae 11 ure oud
Delene de Wet
Delene de Wet
Ag, hoe mooi! Dis pragtig! Hiehie. ek kon sommer die skaam ervaar en die lekkerkry. Beslis nog 'n lees of twee werd van my kant af. Sommer 'n briesie vars koel lug hier in die vroeë nagure vir my
Baie dankie
Delene
E-pos 7 jaar 4 maande 1 week 5 dae 13 ure oud
Sonica
Sonica
Aha, PM, jy skilder die pittige prentjie so duidelik. En die opregtheid van die eenvoudige "ek wil by jou sit" pluk sommer aan my hart. Goed gedoen.
E-pos 7 jaar 4 maande 1 week 6 dae 4 ure oud
Meraai vannie baai
Meraai vannie baai
Ek wil ook by jou sit!
Watter heerlike verrassing! Kan ek ook maar hier voor by jou sit matertjie? Belowe ek sal nie raas ... wil net nog bietjie lees aan jou woorde!
E-pos 7 jaar 4 maande 1 week 6 dae 11 ure oud
RUDI COETZER
RUDI COETZER
smile.
dis nou flippen oulik.
( en skerp )
E-pos 7 jaar 4 maande 1 week 6 dae 12 ure oud