Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on April 05, 2016, 01:29:56 PM

Title: Jy maak nie reg nie!
Post by: PM on April 05, 2016, 01:29:56 PM
Die laaste paar maande het ek en manlief baie staat gemaak op ons oudste se bystand.  Vandag het ek werklik vir die eerste keer besef dat dit nie regverdig is nie. 
Grapsgewys het ek altyd gesĂȘ ek het mos swaar grootgemaak, maar in werklikheid skuld my kinders my niks.
Dit wat hulle doen om te help kom uit hulle harte uit, maar waardeer ons as ouers hulle genoeg?
Title: Re: Jy maak nie reg nie!
Post by: Meraai vannie Baai on April 05, 2016, 11:30:02 PM
Diepe nadenke na ek jou plasing gelees het en gaan dadelik vir ons drie laat weet hoe ons hulle liefde, hulp en net daar wees waardeer!
Title: Re: Jy maak nie reg nie!
Post by: PM on April 06, 2016, 11:19:04 AM
'n Mens raak soms so vasgevang in jou eie probleme dat jy nie let op hoeveel probleme jy eintlik vir die volgende ou skep nie. 
Hoekom is dit dat 'n mens soms "in jou slaap" loop.
Title: Re: Jy maak nie reg nie!
Post by: Meraai vannie Baai on April 07, 2016, 04:08:06 AM
Menslik kan ons pleit as versagtende omstandighede  :notworthy:
Title: Re: Jy maak nie reg nie!
Post by: PM on April 19, 2016, 10:37:29 AM
Ja ek is seker ons kan.  Ons is mos nou oud en die -dom, die ouderdom, verskoon baie dinge.