Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Suidwes se plek => Topic started by: Suidwes on April 04, 2012, 08:11:58 PM
-
Liewe Swart Nag, weet jy hoe haastig is ek dat jy moet aanbreek
ek wil so graag my kop diep onder jou blad insteek
Jy met jou lekker lang wegkruip ure
en digte vashou mure
Oneindig ver jou sterre wat wink
ek vra jou….is daar nie dalk net enetjie wat vir my ook blink?
Want ek het geen antwoorde op al die waaroms
die stille hoekoms of die ontwykende daaroms
Jy is soms by my maar so onbereikbaar hoog
jy brand my trane met al jou geheime kurkdroog
Saggies sluip jy weg en begin die dag se bekende ritueel
my vriend....ek is nog stukkend…alleen...en glad nie heel
Sal jy perdalks vanaand vir my ‘n geskenkie bring
emmers vol liefde, geloof en hoop toegevou in ‘n wolke-kring
Ag en as jy wil….so ‘n klein skeutjie oorwinning oor almal wat spot en lag
want nou na alles is selfs my binneste uitgeslag
Dit fladder sommer daar in die straat soos ‘n opgefrommelde liefdesbrief
en lucifer dans smeulend op die maat van sy oorwinningslied….
-
Stukkie pragwerk. Sien uit na nog. Woordgebruik is pragtig. Ek gaan aan jou lippe hang vir nog Suidwes woorde en uitdrukkings.
Gooi hulle, Antie. Gooi hulle.
:icon_bigsmurf:
-
Dankie Naas!!!!....ek sal die ou brein laat bak en brou....en wie weet wat kruip dalk daar uit!!!!! :sign10: .....kom ons hou duimvas ek vaar hier beter as wanneer ek gepantser met 'n resepteboek die kombuis aandurf!!!!!.....mag hier minder vreesbevange gesigte wag as in my kombuis..... :wave:
-
Mooi mooi..
Bly maar uit die kombuis, gedigte is makliker om te maak as bredie.
-
Pragtig geskryf. Die gevoel van "wegkruip" in die nagvoue slaan lieflik deur. :bootyshake:
-
ek hou ook van die swart nag se wegsteek ure - prag gedig!
-
Prrrragtig. Ek lief dit wanneer ek 'n rymgedig lees en dit skaars agterkom so pragtig is die ABC in die woordwa ingespan. My plek beslis ook geboek ..doet voort groot asb :book1:
-
Ek wonder wat het van Suidwes geword. Sy het so vinnig gegaan as wat sy gekom het. Een van ons het tog niks gesê wat haar kon ontstel nie. Het ook vir haar 'n briefie geskryf sonder sukses.
-
Nou heers daar weer dosestilte ... en die pragtige woorddis skitter alleen hier op die erfie.
-
Ek het net so uitgesien na nog woordskatte. Dosestilte ja! :toothy4:
-
Dalkies is toegang tot internet verbreek .. kom ons hoop dit sort gou uit .. want ja - ek sien net so uit na die volgende diamant uit hierdie pen!
-
:love7:
-
Het gou weer hierdie prag gedig kom lees.
Suidwes, kom kuier tog weer asseblief!
-
nog steeds raak hierdie gedig my rym-snare , laat dit my tone kriewel, dis so goed en die hartseer boodskap daarin laat my sonder woorde.
-
Hier lê nog 'n paar pêrels wat uit ons halssnoer verloor het! :crybaby2: