Author Topic: Ek het myself buite my 'huis' toegesluit!  (Read 2787 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Ek het myself buite my 'huis' toegesluit!
« on: August 13, 2015, 11:00:32 AM »
Kan julle glo dat ek so dom ding gedoen het.  Ek kuier heerlik op die gesigboekie, dis my tweede huisie. Ek gebruik verskillende rekenaars, en ook my man se foon.  Lyk my as gevolg daarvan dat ek uit soveel verskillende bronne aangeteken het, het die fb stelsel opgemerk dat dit n risiko mag wees, en my gisteroggend in kennis gestel toe ek wou aanteken dat ek vir sekuriteitsdoeleindes n nuwe wagwoord moet kies.  Ek weet nie wanneer laas julle die nuwe wagwoord ding op die net probeer het nie.  Met elke wagwoord gekies het die stelsel my oor die vingers geraps.  Toe hy eindelik een aanvaar en ek op my blad aanteken, was ek so 'chuffed' oor die sukses dat die gekose wagwoord skoon by my kop uitgevloog het.  Toe ek later vanaf n ander rekenaar wou aanteken, moes ek dit weer intik en daar probeer ek vergeefs.  Ek gebruik toe die opsie om n nuwe wagwoord aan te vra, maar o wee.  Hulle stuur die na my epos adres op fb rekord, wat n verouderde een is van n vorige werksepos waar ek lankal nie meer werk nie.  Daar is n opsieom dit so te verduidelik en n nuwe bruikbare een te gee, maar as gevolg van sekuriteit moes ek eers so lys invul en n afskrif van my ID saamstuur.  Die het hulle nou ontvang, maar moet proses nou eers sy loop neem.  Intussen sit en wag ek maar hier buite op die stoep van my gesigboekhuisie.  Kom nou agter hoe verslaaf ek is aan die daaglikse kommunikasie daar.  Ai tog. :bunny:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek het myself buite my 'huis' toegesluit!
« Reply #1 on: August 13, 2015, 11:59:30 AM »
Oe genadetjie! Hoop jy kom gou reg. Van daardie 'verslaafdheid' kan ek ook getuig. Deesdae is dit vir my die maklikste en vinnigste manier om te loer wat maak my mensies van heinde en verre.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ek het myself buite my 'huis' toegesluit!
« Reply #2 on: August 13, 2015, 12:14:06 PM »
Die internet se pad
vasgele in wit en swart
vergeet jy daardie pad
gaan jy vreemde draaie vat.



 :icon_bigsmurf: 
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek het myself buite my 'huis' toegesluit!
« Reply #3 on: August 14, 2015, 10:22:29 AM »
Daardie "faceboekding" moet ek nog leer.  Kom selde of ooit daar. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Ek het myself buite my 'huis' toegesluit!
« Reply #4 on: August 14, 2015, 12:08:05 PM »
Ek is darem weer daar, kompleet gevoel of ek weggesluit was.  Ek interakt nie net nie, lees interessante artikels daar en speel lekker speletjies.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek het myself buite my 'huis' toegesluit!
« Reply #5 on: August 14, 2015, 01:22:26 PM »
Ek het ook nou probeer inskakel maar hulle ken my nie, want ek ken myself nie.   :icon_scratch:   Hulle seg ek het my wagwoord verander, maar ek kan dit nie onthou nie.  Die nuwe wagwoord bedoel ek. 

Ag wat, as ek eers weer terug is op Leeupoort (ons is hier in Centurion waar ons spartel om huurders wat nie betaal nie uit die huis te kry) is daar nie gereeld opvangs nie.  Dit sal dalk help as ons 'n landlyn het. 
Om te weet is om te verstaan.