Author Topic: redes vir egskeiding?  (Read 6509 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
redes vir egskeiding?
« on: July 27, 2013, 02:09:30 PM »
ons VaderHeer kan nooit sy Woord verander nie ... wat Hy vasgele' het met die skepping en aan die mens oorgedra het, kan Hy nie verander nie ... Hy is ewig dieselfde ...

hoe kan iemand nou glo hy/sy moet van sy/haar lewensmaat skei omdat Hy sogenaamd so sou gese' het? ... Hy wat gese' het wat Ek saamvoeg mag geen mens skei nie.
wanneer ons 'n belofte, voor Hom gemaak, verbreek ... mag ons enige rede aanvoer, maar om te se' Hy het dit op my hart gele' ... al kruip jou wederhelf op kniee om die huwelik te red. sorrie, dit rym net nie.

so iemand is op 'n hengse dwaalspoor en ruk 'n hele gesin uitmekaar. daar is soveel seer in die lewe ... hoekom nou nog Sy Naam misbruik as jy nie lus is om te vergewe en weer alles in jou huwelik te gooi om dit te behou nie ... aaag, wat, ek het maar net my gevoel van my hart af kom skryf.

dis natuurlik nie al rede vir 'n egskeiding nie, maar as die een uiteindelik tot werklikheid geruk word en als wil prysgee om die huwelik te red, hoe durf die ander nie nog 'n kans gee nie ... o jitte, vergifnis is seker die mees onverstaanbare begrip op aaarde.

[[en hoekom wonder ek of daar nie 'n slang in die groene gras anderkant die draad wag nie]]

 :grommit:  
adéle  :grommit:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: redes vir egskeiding?
« Reply #1 on: July 28, 2013, 09:20:32 AM »
Ek stem saam met jou 'slang in die groen gras'.
Maar die bollie wat die gras so groen maak, sal uitborrel en die verhouding sal nie werk nie.  Dit werk nooit.
Sal jy jou partner terugneem na so 'n buite-egtelike verhouding?
Sal jy vergewe?   :dontknow:
Ek het. Telke male.  Ja, jy lees reg, telke male.  In die einde het die verhoudings, ook nie die huwelik, gehou nie.
Jy kan nie 'n huwelik bou waar geen vertroue is.  En buite-egtelike verhoudings verbreek vertroue.  Dit doen.  Dit is altyd in jou agterkop.
Vergifnis.  Slegs met God se hulp.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: redes vir egskeiding?
« Reply #2 on: July 28, 2013, 09:53:58 AM »
Vergewe en gee die pakkie wat jy dra terug vir die ou wie se skuld dit is.  Ek dra nie 'n ander ou se pakkies vir hom/haar nie, het genoeg van my eie.
Dit neem gewoonlik ook net tyd, na gelang van die bitterheid of die seer wat jy ervaar het, om te vergewe. 
Soos iemand "nouriedag" gesê het, as dit oor 5 jaar nie meer saak maak nie, is dit nie die moeite werd om oor te kwel nie. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: redes vir egskeiding?
« Reply #3 on: July 28, 2013, 08:19:45 PM »
Vandag skei mense te maklik. Hulle gebruik nie eens meer die Here se Naam as 'n verskoning nie. As vroulief of manlief depresief is skei ons. As manlief te laat in die aande kuier by sy maters skei ons. As vroulief nie kan werk kry nie, skei ons want sy is te lui om te werk. As die baba nie deurslaap of as manlief nie met die baba wil help nie, skei ons. Mense het vandag net nie meer die "guts' om getroud te bly nie. Mense is te lui om aan hulle eie huwelike te werk. Al ons ouer skrywers hier is deur al hierdie delemmas, somiges het geskei ja, maar baie van ons het vasgebyt, deur swaar tye, selfs deur wanneer 'n huwelik in gevaar was as 'n derde persoon die oorsaak was, maar ons het vasgeby. En ek glo die meeste van ons sê eerder vandag. "Dankie Here, dat U ons deur hierdie swaar en moeilike tye gedra het" Ek is een van hulle. Na dertig jaar, het ek my belofte gestand gedoen. Daar was baie trane, baie baklei, maar ook baie vreugde.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: redes vir egskeiding?
« Reply #4 on: July 29, 2013, 07:50:47 AM »
Ek persoonlik het nog nooit skei oorweeg nie. Moord, al 'n paar keer ja, maar skei nee.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: redes vir egskeiding?
« Reply #5 on: July 29, 2013, 07:53:32 AM »
 :sign10:  Jy moes daai frase by Hannes gehoor het Naas.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: redes vir egskeiding?
« Reply #6 on: July 15, 2015, 07:28:54 AM »
Ek volg alweer die spore van ons gaste... 'n seer onderwerp en tog skitter die humorsin altooslik deur. Naas dit is nou een van die gevalle waar jy dan smeek vir geduld maar nie vir krag ne  :toothy4:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: redes vir egskeiding?
« Reply #7 on: July 15, 2015, 08:41:55 AM »
Baie waar Ta Raatjie. Blykbaar is die grootste oorsaak van skei trou. Die feit dat ek getroud is is hoeka net 'n skinderstorie wat deur my vrou versprei word.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: redes vir egskeiding?
« Reply #8 on: July 15, 2015, 06:39:52 PM »
Ons trou hopeloos te vinnig.  Jy kan nie iemand leer ken in die verlief-stadium nie. 
Die beste voetjie(s) word voorgesit en later is jy so moeg van nie jou eie-ek te wees nie, dat die krake sommer vroeg al begin wys.
Verlief waai oor en is veronderstel om in liefde te verander..  maar baie keer soek jy weer daardie high van verlief en soek dit by iemand anders.
As jy nie volwasse is en probleme kan uitstryk met jou maat nie, gaan jy nie die mas opkom nie.
Moenie dink jy gaan die ander persoon verander om by jou aan te pas nie.  Dit gaan nie gebeur nie en is baie selfsugtig.  Die ander party hoop weer jy gaan verander om by hom aan te pas. 
Daar is natuurlik redes wat jou noop om dadelik te pak en te skoert.  Vele redes. 
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: redes vir egskeiding?
« Reply #9 on: July 16, 2015, 12:07:28 PM »
Die moeilikste ding om voor te hou, is 'n front. Jy is wat jy is en om te probeer iemand anders wees, werk net nie! Jy praat die reine waarheid mater daar is omstandighede wat jy moet pak en skoert so gou moontlik!  :notworthy:

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: redes vir egskeiding?
« Reply #10 on: July 18, 2015, 07:07:44 AM »
In my humble opinion divorce takes place when we stop being best best friends, when we start taking each for granted, when marriage becomes a contractual obligation and a terrible burden.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: redes vir egskeiding?
« Reply #11 on: July 18, 2015, 02:30:43 PM »
Ek glo n gelukkige huwelik is maar net twee mense wat weier om op te gee op mekaar.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!