Author Topic: Oom Driekus  (Read 3158 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Oom Driekus
« on: October 13, 2013, 11:15:30 AM »
Kyk, my Oom Driekus, daar was nou vir jou ‘n man wat met diere kon toor. Hierdie manne wat vandag so vir die diere fluister kon by hom gaan kers opsteek het.
As hy vir ‘n perd sê; “Trippel” dan gaan sit daai perd, trek sy skoene al vier uit en draf op sy tone soos daai blonde tannie van The Sound Of Music. As hy vir ‘n koei sê; “Melk” dan gaan staan daai koei wydsbeen oor die emmer en spuit met al vier haar tepels daai emmer vol melk. En as hy vir haar sê “room” dan room sy. Maar hy was ‘n te groot gintelman om vir die koeie te se “botter” of “kaas” want hy het geweet dit maak hulle tepels baie seer. Tant Ans, sy vrou, moes maar self die botter en die kaas in die kombuis maak.
Oom Driekus het gaan leeus jag met ‘n sinkplaat en ‘n hamer. Hy het daai leeu loop soek. Dan, as hy hom kry, dis nou die leeu, het hy die sinkplaat soos ‘n skild met bloudraad aan sy linkervoorarm vasgedraai want ‘n leeu is rof. Met die hamer in sy regterhand sê hy vir daai leeu: “Kom bang-gat! Spring.” As daai leeu spring hou hy die sinkplaat voor dat daai leeu teen die sinkplaat vasspring. Hy het geweet ‘n leeu is soos ‘n kat. As hy kwaad is spring sy naels uit. Dan slaan daai leeu se naels dwarsdeur die sinkplaat. Dis dan wanneer Oom Driekus die hamer vat en vining die leeu se naels omklink sodat hy nie weer sy pote van die sinkplaat kan afkry nie.
Wanneer ons die leeu hoor brul en blaas en die plaashonde plas plas stert tussen die bene weghol om die opstal.het ons uitgestorm plaasstoep toe want dit was altyd ‘n gesig om hom uit die veld uit te sien aankom met die brullende leeu aan die sinkplaat vasgeklink op Oom Driekus se rug. Die leeus in daardie kontrei is vandag nog bang vir sinkplate.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oom Driekus
« Reply #1 on: October 14, 2013, 11:11:48 AM »
Sjoe Naas.  Is dit nou dieselfde oom wat sy broek met 'n geelslang vasmaak?   :icon_biggrin:

Dankie vir die storie, dit is altyd lekker om die stories uit jou pen te lees.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Oom Driekus
« Reply #2 on: October 14, 2013, 11:54:44 AM »
Nee dis 'n ander oom van my die. Sy ma brei vir hom truie met staalwol anders hou die goed nie. Jy weet mos ek het 'n rowwe familie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oom Driekus
« Reply #3 on: October 15, 2013, 07:16:44 AM »
Is dit dan die oom wat met die tannie getroud is wat so vet is as sy voor die TV verbyloop mis mens drie episodes van 7de Laan? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Oom Driekus
« Reply #4 on: October 15, 2013, 09:51:18 AM »
Nee haar man is die maer omie wat 'n hosepipe gebruik vir 'n slaapsak. As hy stort is dit 'n hele gedoente want hy moet rondspring onder die stort om nat te raak.
Oom Drikus se vrou sny haar toonnaels met sy Angle Grinder. Onthou jy dan nie. Sy is mos die een wat haar beenhare met 'n tang uittrek en as paneelspykers aan Timber City verkoop.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oom Driekus
« Reply #5 on: October 15, 2013, 04:41:08 PM »
O ja, nou onthou ek.   :sign10:  Het sy nie op 'n tyd vir SAL gewerk nie?  Ek onthou iets van sy moes die vliegtuie aan die brand skop.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Rainier

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 47
Re: Oom Driekus
« Reply #6 on: October 17, 2013, 11:10:10 AM »
Daai oom het dit nie gevat nie, hy dit uitgedeel, oulik!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Oom Driekus
« Reply #7 on: March 31, 2015, 11:44:32 AM »
Ja. Sy het die boeings gekickstart maar sy is verlede jaar gefire omdat haar beenhare die vliegtuise se verf afkrap.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oom Driekus
« Reply #8 on: April 14, 2015, 09:40:53 AM »
Dit kan net opwindend wees om sulke familie te hê.  By die laaste politiekevergadering het my oompie opgespring en gevra wie sal ons dan beskerm?  Die tante wat langs hom gesit het, het hom op sy kop gedruk en gesê:  Sit broer!  Ek sal jou beskerm.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Oom Driekus
« Reply #9 on: April 14, 2015, 10:14:45 AM »
Wha ha. 'n Regte vrou van helsdinges.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.