Slaapversteurings en Pulmonale HipertensieSlaap-apnee is die term wat gebruik word wanneer mense tydens slaap, ophou asemhaal. Huidiglik een van die mees ondergediagnoseerde toestande. Hierdie slaapversteuring kan die risiko verhoog vir hipertensie, pulmonale vaskulêre siekte, isgemiese hartsiekte, serebrale vaskulêre toestande, kongestiewe hartversaking en aritmieë.
In die studie, "obstruktiewe slaap-apnee en pulmonale hipertensie," is daar tot die gevolgtrekking gekom dat die toename in longslagaar druk, verwant is aan herhalende nagtelike arteriële suurstof te kort en hypercapnia - abnormale verhoogde koolstofdioksied (CO2) in die bloed. Dit kan ook lei tot pulmonale vaskulêre hermodellering, volgehoue pulmonêre hipertensie en regter ventrikulêre hipertrofie.
Nuwe navorsing toon dat 'n tweede soort slaapapnee (wat niks te doen het met oorgewig en obstruksie nie, maar met 'n fout in die asemhalingbeheersentrum in die brein) baie bedrieglik en gevaarlik is, maar ook nou doeltreffend behandel kan word.
Sommige mense hou snags op met asemhaal omdat seine van dié sentrum in die brein nie die asemhalingspiere bereik nie, sê Bernard Tjallinks, neurofisioloog van die slaapkliniek by die Pretoria-Oos-hospitaal.
Albei soorte slaapapnee word in slaapklinieke gediagnoseer en behandeling vind plaas met 'n toestel wat lug by die mond inblaas en só aanhoudende suurstofinname verseker. Dokters waarsku dat slaapapnee-lyers nooit slaappille of verdowingsmiddels moet gebruik nie omdat dit hulle kan verhinder om weer te begin asemhaal.
Slaap-apnee kom in verskillende grade voor. In ernstige gevalle sal die pasiënt so ‘n suurstoftekort opbou dat hy blou word. Wanneer iemand 5 keer per uur of meer ophou asemhaal, is dit ‘n aanduiding dat dit slaap-apnee kan wees.
Die volgende probleme kom algemeen voor by pasiënte met slaap-apnee.
*Chroniese moegheid: Hulle slaap nooit lank genoeg om uit te rus nie – word aanhoudend wakker om asem te haal.
*Verlies van konsentrasie.
*Maklik aan die slaap gedurende die dag: voor die televisie, in geselskap, selfs later terwyl hulle eet of motor bestuur.
*Depressie.
*Ernstige gewigstoename en onvermoë om dit weer te verminder.
*Onvermoë om bloeddruk en bloedglukose te beheer, selfs op medikasie.
*Slaap-apnee kan diabetes veroorsaak.
*Spierswakheid.
*Geheueverlies.
*Versnelling van die prosesse wat skade aan die bloedvate veroorsaak: lei dus tot ‘n hoër voorkoms van hartaanvalle, beroertes, onreëlmatige hartklop, en verlies van seksuele funksie.
Die gevolge van slaap-apnee kan dus wees: vermeerdering van ernstige siektetoestande, verhoogde voorkoms van voertuigongelukke; verlaagde werksproduktiwiteit en beperkte algemene funksionering.
Bronne:
http://www.medscape.com/viewarticle/721684 (Cardiovascular Consequences of Obstructive Sleep Apnea)
http://af.namibiauraniuminstitute.com/snoring-disorders-your-2-minute-guide/https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pubmed/19249442http://dokfrancois.co.za/2013/08/08/slaap-apnee-praktiese-inligting/http://www.health24.com/Medical/Archive/Afrikaans/Slaapsorge-20120721