Woes het gesluit en baie interessant het ek hierdie gedig geskryf voor ek die negentiende Januarie hier by die werk uitgestap het na my oogspesialis toe. Net om vir almal totsiens te se. Min wetend dat ek vandag eers weer die moed het om te begin skryf.
Saam het ons
saam het ons gekuier
saam het ons gelag
saam het ons gehuil
saam het ons gebid
saam het ons hande gevat
saam het ons in stilte geluister
saam het ons raad gegee
saam het ons raad aanvaar
saam het ons nog een verwelkom
saam het ons ‘n tuiste geskep
saam het ons ‘n groot familie geword
saam het ons gegroei
saam moet ons nou hande los
saam moet elkeen sy eie rigting kies
saam moet ons aanvaar die einde het gekom
saam moet ons mekaar nou vaarwel toewens
©ANS BOTHA