Die Afrikaanse Forum
Voorstelle en klagtes => Die Inligtingkantoor => Topic started by: PM on March 27, 2012, 12:13:00 PM
-
Die van julle wat boeke het sal weet dat Ockert se storie daarin ook is.
Hy het gisteraand 'n ligte hartaanval gehad en weer vanoggend, is opgeneem in die hospitaal vir toetse. Hou tog styf duime vas dat dit nie baie ernstig is nie.
Ons sit nou en wag om te hoor wat die uitslae is voordat ons ry.
-
nog nie my boek in myse hande nie, maar sal Ockert in gebed hou - ons vertou dat alles goed sal uitdraai vir hom!
-
Sjoe dis vreeslik. Dink aan hom.
Willa :color: ek het nog jou boek, ons moet 'n plan maak man...eish ek is net so vrek besig, het nie eers tyd vir huis skoon maak nie. :color:. Ek gaan jou inbox later. Dis sommer nonsies eish... :icon_biggrin:
:angel12:
-
Hulle het nou vir hom 'n stent ingesit en hy sal twee dae in intensief wees. Eish, so kan 'n mens se hart amper gaan staan! Ek bedoel myne!
-
Dis goed, hulle kan hom help.
:angel12:
-
ja PM - alhoewel die hard die mees geoefende spier en sterkste spier in die liggaam is, kan dit baie hardkoppig wees en net skielik loop stil staan ...
Darem is daar heelwat mediese tegnolgie waarmee hulle die rooi orgaan se lewe mee kan verleng :hello2:
Trappies .. ons maak 'n tee-date .. het jou geinbox .. die lewe is mos maar nie net 'n box chocolates nie ... ongelukkig is daar beesmis ook wat ons moet verwerk en heelwat tyd opneem ... sodra vadertjie tyd nou weer vriendelik smile op dieslefde oomblik vir jou en my .. dan kom ons bymekaar ...
-
SJoe! Dra asb ook ons spoedige/volkome herstel oor aan hom asb ouens.
-
Hier's ek! Dankie julle.
Ons het gister voor ons deur die grens is verneem dat dit nog goed gaan. Hoop ek sal vandag goeie nuus ontvang.
-
Beterskap aan Ockert en sterkte aan sy familie van my kant, asb PM.
As jy dit sal oordra.
Dankie
-
Baie sterkte vir hom en sy familie en mag hy volkome herstel.
-
Ockert is vandag uit die intensiewesorgeenheid. :hello2: Dit gaan baie beter met hom.
Dankie vir almal se mooi wense. Ons hoop dit gaan net elke dag beter met hom.
-
Dis goeie nuus