Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Meraai vannie Baai on March 28, 2012, 11:29:18 PM

Title: Gaan weer weg wees tot Sondag
Post by: Meraai vannie Baai on March 28, 2012, 11:29:18 PM
Net gou laat weet ons gaan weer bietjie kamp langs die meer, naby Meisiekindjie wat die laaste skof van haar swangerskap aanpak - oupa en ouma gaan sorg dat ons net so halfuur se ry van haar is as die telefoon lui.  :icon_bigsmurf: Hoekom klink meeste elektroniese dinge vandag soos 'n telefoonlui?? Ek spring myself uit lit uit vir die was- en skottelgoedmasjien, selfs die mikrogolf laat my hop!
Title: Re: Gaan weer weg wees tot Sondag
Post by: Naas on March 29, 2012, 08:22:45 AM
Mooi ry en by voorbaat geluk.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Gaan weer weg wees tot Sondag
Post by: Fransi on March 30, 2012, 06:57:35 AM
Geniet die kamp en mag alles goed afloop.
Title: Re: Gaan weer weg wees tot Sondag
Post by: Ah Willa on March 30, 2012, 04:26:00 PM
 :wav: lekker kamp en kuier en sterkte met die kleinding wat amper hier is - ons hou jou dogter in gebed
Title: Re: Gaan weer weg wees tot Sondag
Post by: Meraai vannie Baai on April 03, 2012, 11:21:15 PM
Heeeerlik gekamp julle. Geeeen baba tot nou  :toothy4: Gaan DV die langnaweek weer kamp naby Meisiekind. Dit help om die laaaaaang sekondes om te kry :`ip2:
Title: Re: Gaan weer weg wees tot Sondag
Post by: Ah Willa on April 03, 2012, 11:45:30 PM
bondeltjies pop mos uit op hulse eie tyd!!

ons kamp nou nie saam nie, maar ons bid saam dat alles goed verloop met die nuweling on his/her way en mommy wat so getrou die prag-kind dra  :love7:
Title: Re: Gaan weer weg wees tot Sondag
Post by: PM on April 04, 2012, 03:00:14 AM
Ons hou duime vas dat alles goed sal verloop Raaitjie.  Ek is bly dat jy darem nou eers weer 'n rukkie by ons kuier.  Lekker om jou terug te hĂȘ.  :hello2: