Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on April 13, 2012, 07:27:35 PM
-
Wie het die Hanswors
se lag gesteel…
Wie het die nar verwar?
Waarheen loop die traan
wat witwang afhang?
Hoor jy die snikkel
in die hansworsgiggel?
Saans na die sirkusdag
eensaam voor die nag.
Wie het die hanswors
se lag gesteel?
Alleen…
Alleen…
Alleen…
Wie hoor die snikkel?
Die snikkel …
van die lagloos nar
in sy alleen.
:icon_bigsmurf:
-
Ek hou daarvan om goed waarvan ek hou, rondom my te sit, te hang, te plak, naby my te he.
As ek kon, sou ek hierdie gedig van jou op 'n spesiale plek wou he.
Die enigste plek, vir my, sal wees in Boek2.
-
Ek sien al die prentjie wat daarby hoort! Soek solank Naas! Dit is 'n eensame alleen gedig, pragtig verwoord. Ek hoor elke snikkeltjie tussen elke lyntjie. :crybaby2:
-
Ek het vir myself 'n prentjie gemaak - onder in 'n gat het ek Naas se lagdief gesien; hoe hy vreugde en vrede ook in sy sak prop :crybaby2:
en toe ek vir Naas skryf ek liefff sy snikkel woord het hy verduidelik dat dit die eindproduk van snik en sukkel is. Hoe kosbaar!! :book1: :icon_salut:
-
Pragtig Raaitjie. Lagdief! Dit is 'n mooi prentjie met 'n mooi nuwe woord.
-
Sal hom gaan bewaar vir jou mater :book1:
-
Ek wil ook weet wie was so naar om die nar te verwaar - prag gedig ..
ek voel nie sommer alleen nie - maar ek kon die ALLEEN WEES in die gedig voel
Naas - jou naam hoort langs mense soos Ingrid Jonker - jy het 'n uitstaan talent! Jy het die manier om mens in jou werk in te trek - ongelooflik!!
-
Willa ek het onse Meester Naas gekroon as die nuwe Langenhoven :icon_salut:
-
Meraai, nou lief ek jou nog meer!!!! Ek stem met jou - Naas 'n Langenhoven van 2012 :angel8:
-
Nee man, julle moenie so maak met swartjasmense nie. Nou swemmel my skermpie so voor my dat ek niks kan lees sonder my duikbrille nie... :crybaby2:
:icon_bigsmurf:
-
Jammer dat jouse skermpie swem, maar dis die reine waarheid - ek glo nie aan liegstories nie en ek voel baie ge-eerd om 2012 se Langhoven te kan ken en raak lees
-
Ek wou seg ek onthou iets van toeka se dae.
Wie het die Hanswors
se lag gesteel…
Wie het die nar verwar?
Waarheen loop die traan wat witwang afhang?
Hoor jy die snikkelin die hansworsgiggel?
Saans na die sirkusdag eensaam voor die nag.
Wie het die hanswors se lag gesteel?
Alleen…
Alleen…
Alleen…
Wie hoor die snikkel?
Die snikkel …
van die lagloos nar
in sy alleen.
Daar het 'n ommeswaai plaas gevind!
Ons eie Langenhoven van 2012 is nou ons eie Langenhoven van 2021. Nog al die pad!
-
Ek geniet dit om te loer na die datums van plasings en jy het 'n skerp oog PM! Ons eie Langenhoven. Hoe geseend is ons nie?!
-
Daardie gediggie wil my laat huil oor die eensaamheid.
Ek wonder wat het van Adele geword. Sy is darem baie stil.
Langenhoven was gisteraand ook net 'n wyle op toe verdwyn hy weer. Hoop nie hy het 'n swart jas aan nie. :icon_scratch:
-
My vingers rus dom op die sleutelbord. Ek soek na die letters wat kan verwoord wat ek voel, maar heelaas kan ek net 'n drukkie los.
(((((((((( :icon_bigsmurf:)))))))))))
-
Ag dankie Vader vir drukkies! Raaitjie, een ding is nie twee nie, as 'n mens 'n bietjie ondersteuning nodig het is jy daar. Baie dankie lief matertjie. Ek waardeer jou.