Die Afrikaanse Forum
Bak en brou => Resepteboek => Vinger-eetgoedjies => Topic started by: Terry on May 31, 2013, 03:30:41 PM
-
Terwyl ek wag dat my avo's reg is om te eet, soek ek solank resepte. (Ek dink die eg Afrikaanse woord is advokadopeer, maar sal dit maar net avo's noem). As enige iemand ander lekker resepte het, kom plaas dit ook asb.
Spek en avo happies:
Bestanddele:
1 Pakkie spek
2 Sagte avo's
Paar druppels suurlemoensap
Peper
Metode:
Maal jou avo's fyn in 'n bak en sit 'n knippie peper en suurlemoensap by. Sny die spek in ongeveer 2cm stukkies en braai in 'n pan tot dit krakerig is. Skep 'n teelepel avomengsel op 'n stukkie spek en sit dan nog 'n stukkie spek bo-op. (Soos in foto).
-
Dit lyk heerlik. Dankie Terry.
-
Njam-njam. Gaan beslis die naweek soiets maak.
-
Dis die lekkerste happie die. Dankie Terry.
Sal dit op 'n beskuitjie sit vir die vatslag. Ek mors gou.
-
avo of avokadopeer
vroeër jare het ons in afrikaans van avokadopeer gepraat maar deesdae is die amptelike woord avo of avokado...sonder die peer.
Die rede daarvoor is:
Pere is pere en appels is appels en avokado is avokado.
baie vrugte word gepuk en dan in koelstore geberg voor vekoop of verskeping. verskillende vrugte se bergings temperature verskil.
Product Optimal Storage Temperature Chill Point Freezing Point Optimal Humidity
Avocados, ripe 38-45 F 3-7 C 36 F 2 C ------ 85-95
Avocados, unripe 45-50 F 7-10 C 45 F 7 C ------- 85 - 95
Pears 29-31 F 29.2 F 90 - 95
http://www.engineeringtoolbox.com/fruits-vegetables-storage-conditions-d_710.html
Sjoe een klein vragie en 100 de bladsye antwoorde...
ok terug ny die naam
ek bespiegel ook nou maar aan die einde sal ek noem wat ek gehoor het hoekom dit nie meer 'n peer is nie.
ek sien nou dit op die net:
-----------------------------------------------------------------------------------------------------
onder vertaling:
avokadopeer in English
translation and definition "avokadopeer", Dictionary Afrikaans-English online
add translation
Translations into English:
avocado (noun, ) (noun )
The fruit of an avocado tree (Persea americana).
nou wonder ek of die peer gedeelte nie kom van die botaniese naam vir die boom nie: Persea americana.
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
wikpedia
Uitspraak:
IPA: [ɑfuˈkɑːduˌpiə̯r, ɑvuˈkɑːduˌpiə̯r], meervoud: [ɑfuˈkɑːduˌpiə̯rə, ɑvuˈkɑːduˌpiə̯rə]
Met Arabiese letters:
اَڤُوكَادُو پَِیرْ , اَفُوكَادُو پَِیرْ ; meervoud: اَڤُوكَادُو پَِیرِی , اَفُوكَادُو پَِیرِی
Spelling tot 1909:
*afókádópeer, *awókádópeer; meervoud: *afókádópére, *awókádópére
Betekenisse:
Peervormige, tropiese vrugtesoort (Persea gratissima).
Sinonieme:
advokaatpeer, avokado, murgpeer
Vertalings
Duits: Avocado (de), Avocato (de)
Engels: avocado (en), alligator pear (en)
Ngala: sabúká (ln), avoká (ln)
Venda: ḽiafukhada (ve)
Xhosa: iavokado (xh), imponyomponyo (xh)
Zoeloe: ukwatapheya (zu), ukwata (zu), ikotapheya (zu)
----------------------------------------------------------------------------------
in elk geval kom ons gaan aan voorlat ek julle aandag verloor.
hier is nog vertalings vir die van julle wat avos in die buiteland wil koop.
Expression Annotation
Language Spelling
Afrikaans advokaatpeer
Afrikaans avokado
Afrikaans murgpeer
Arabic أفوكادو
Breton avoukez
Castilian aguacate show ▼
Catalan alvocat
Cebuano abukádu
Croatian avokado
Czech avokádo
Danish avocado
Dutch avocado
English alligator pear
English avocado show ▼
English avocado pear
English butter pear
Esperanto avokado
Finnish avokado
French avocat show ▼
Georgian ავოკადო
German Avocado show ▼
German Butterfrucht
Greek αβοκάντο
Hebrew אבוקדו
Hungarian avokádó
Irish abhacád
Italian avocado
Japanese アボカド
Khmer អាវ៉ូកាដូ
Korean 아보카도
Macedonian авокадо
Polish awokado
Portuguese abacate
Russian авокадо
Swahili parachichi
Swedish avokado
Thai อาโวคาโด
Turkish avokado
Xhosa iavokado
Zulu ukwata
--------------------------------------------------------------
kom ons probeer weer nadat julle nou die bietjie agtergrond het
soos julle hier bo kan sien ( in die blikkantien) ---------sjoe ek is darm lus vir lekker gorrel op hierdie reënt dag hier op die laas. gaan nou nou wyn koop vir warm bly en huit kry om vuur in die kaggel in die sitkamer te maak.
die vrugte word verskillend getsoor. Avokado's was genoem Avokadopere
dan kry mens Bon Cretian pere en ook Forelle pere en nog baie ander peer cultivars
http://www.pots2plots.com/Fruit/Pear%20Cultivars.htm
in die koelkamers, wat soms so groot soos vliegtuig hangers is, by die aankoper, verspreider word die vrugte elkeen in sy eie koelkamer gestoor tot dit moet uitgaan vir versprei.
Daar is 'n persoon wat verantwoordelik is vir die koelstore se temperatuur beheer en gas beheer....wat se gas ook al daar moet in kom.
Die persoon in beheer gaan nie in die koelstoor in nie want mens maak nie so plek se deur onnodig oop nie. hy kry 'n lys met wat binne elke stoor is en dan ook wat die toestande van watter vrugte ook al moet wees. so gaan hy 2 keer per dag, 7 dae van die week om aan die buitekant van die koelstoor by die konrtole paneel te lees wat binne aangaan....temperatuur en gasinhoud.
so was daar een persoon verantwoordelik wat gelees het: avokadopeer.
onthou die persoon is nei opgelei wat is wat se vrugte nie hy is opgelei om die koelkamer dop te hou en te stel
in elk geval so lees hy advokadopeer en mmmmm dis die peer cultivar advokado en hy lees onder die lys dat pere omtrent teen 0ºC gestoor word en hy stel die stoor se temperatuur dat die pere teen 0º C gestoor kan word. Toe die stoor oopgemaak word om gelaai te word................al die avokado's in hulle maai....miljoene rand se skade en die persoon wat verantwoordelik was seg hier staan dis avokadopere en pere word so gestoor.
toe word daar besluit om die naam te verander na avo of eintlik avokado want dis nie 'n peer cultivar nie.
die persoon kon dalk anders talig wees en gebrekkige afrikaans lees en niemand het hom verduidelik wat is avokadopeer in sy taal nie. ek dink dit het dlak gebeur toe die poste aann die nuwe suid afrikaanse burgers oorgedra moes word.
nou ja daar het julle dit soos die storie aan my oorvertel is en dit maak sin.
vir my is die avokado cultivar fuerte die lekkerste.
hiers nog paar interesante goed vir verdere leesstof
South African Avocado Growers’
Association Yearbook 1985. 8:78-80
EFFECTS OF CONTROLL
ED AND MODIFIED ATMOSPHERE STORAGE ON
QUALITY OF EATING RIPE AVOCADOS
G J EKSTEEN & A B TRUTER
FRUIT AND FRUIT TECHNOLOGY RESEARCH INSTITUTE, STELLENBOSCH
OPSOMMING
Fuerte, Edranol en Mass avokados wat onde
r beheerde atmosfeer
toestande met 2% O
+ 10% CO
2
en
teen 5,5°C opgeberg was, wa
s van beter loestande wat
beide uiterlike voorkoms
en interne gehalte
betref as vrugte wat teen dieselfde temperatuur en
nórmale atmosfeer geberg is. Antraknose-vrot het
egter 'n probleem geword by
vrugte wat onder die beheerde atmo
sfeer opgeberg is weens die
/anger
period van opberging by 20°C wat nodig is om die vrugte eetryp te maak.
Verpakking in poliëetiléen sakkies het ook 'n verbet
ering in kwalitiet van vrugte na opberging tot gevolg
gehad hoewel temperatuur hier van
groot belang was. Hierdie ver
pakkingsstelsel is ekonomies
aanvaarbaar veral wanneer vr
ugte afsonderlik in klein sakkies verp
ak word wat dan toegevou word om
die vrug te seel. Vrugte moet egter in 'n nórmale
atmosfeer teruggeplaas word gedurende die rypmaak-
proses om beskadiging te voorkom.
Skokbehandeling met CO
2
(25% CO
2
vir 3 dae by 5,5°C) het belowende
resultate gelewer maar vereis
verdere ondersoek.
http://www.avocadosource.com/Journals/SAAGA/SAAGA_1985/SAAGA_1985_PG_78-80.pdf
-
Dit is werklik interessant AB, baie dankie vir die inligting.
-
plesier, ek het self ook iets geleer deur die inligting op te soek en te probeer verifieer ( of hoe spel mens daai woord)
-
Baie dankie. Dit is baie interessant.
Terry gaan elke week vir ons 'n ander onderwerp begin met 'n ander produk, item of bestanddeel. As dit soveel aandag geniet soos die avo's, sal dit 'n groot sukses wees. Baie dankie AB.
-
Hier is 'n skakel na 'n berig oor avos en wat als met 'n avo verplaas kan word om gesonder te eet.
http://za.news.yahoo.com/5-reasons-avos-first-choice-082200787.html
-
As jy werklik gewig wil verloor dan moet jy begin om vet, stysel en suiker te vervang met voedsel wat nie energie stoor nie. Met avo's kan jy die vetinhoud drasties verlaag.
Ek het gou hierdie uit Engels vertaal. Ek hoop dit help.
Vervang twee eetlepels mayoonnaise met 'n kwart avokado in 'n tunamengels. Dit sal die vetinhoud met meer as die helfte verminder en die dis opkikker met meer vitamines en voedingstowwe.
10 Gram botter (twee teelepels vol) beteken 301kj, 8,1 gram vet en 57 gram sodium. Jy kan 'n kwart avo fyn maak, voeg vars suurlemoensap en 'n skootjie swart peper daarby en jy verlaag die waardes na 201,6kj, 4,5gram vet (amper die helfte) en 2,1 mg sodium. (Kyk die groot verskil in die sodium.)
Ouens wat aan hoë bloeddruk ly, kan gerus avo's eet. Dit het meer potassium in as piesangs.
Vervang room of suurroom (vir 'n doopsous) met avo guacamole - en hier is 'n skakel vir talle heerlike resepte - http://www.avocadocentral.com/avocado-recipes/guacamole-recipes. Dit sal die vetinhoud (4 teelepels botter) drasties verminder na 'n kwart teelepel onversadigde vette wat in avo's teenwoordig is.
'n Vuurhoutjiedosie-grootte cheddarkaas bevat 10gram vet en 186,3mg sodium. Dieselfde hoeveelheid avo sal die vetinhoud verlaag na 4,5gram en die sodium na 2,1mg.
Moenounie vir my vertel avo's is nie baie gesond nie!
-
Lief ons avo's :love7: Goeie vette!!