Die Afrikaanse Forum
Voorstelle en klagtes => Baie geluk... Baie welkom => Topic started by: PM on October 08, 2018, 02:49:19 PM
-
Anton het toegestem om moderator te wees by kampstories. Dankie Anton.
-
Dankie Petra. Dit is 'n groot voorreg :notworthy:
-
WOW! Wonderlik :notworthy: :hello2: :icon_salut:
-
Die voorreg is ons s'n matertjie. Ek waardeer jou insette.
-
Absolute bonus vir die forum!
-
Anton is darem nie een van die spoke wat aansluit, net om nooit weer van hulle te hoor nie. Ek wonder so baie oor daardie spoke, wat soos mis voor die opkomende son verdwyn ....
-
Ek wonder saam met jou mater Anastasia. Mens verwelkom en nooi uit om saam te kom gesels maar dit pure verniet. Die spoke dwaal darem deur die gange en die ou plasings kry weer aandag. Myself baie ure so besig gehou om oor hulle skouers te lees :headbang: :hello2:
-
Ek het verlede week vir Marieliefie gewys hoe die forum werk. Sy is rekenaargeletterd en jy kan haar niks van selfoonwerking vertel nie. Dit was vir haar moeilik om die werking te verstaan. In die eerste plek kon sy nie aanteken met haar wagwoord nie. Ek wonder of dit nie baie nuwe ouens se probleem is nie.
As hier iemand lees wat 'n soortgelyke probleem het, laat weet my asseblief by pm@afrikaanseforum.co.za dan kan ek jou stap vir stap help om aan te teken en saam te gesels.