Author Topic: Wanneer dan word besoekers beperk?  (Read 4628 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Wanneer dan word besoekers beperk?
« on: June 27, 2013, 06:28:53 AM »
Ek voel so bietjie angstig oor die feit dat soveel besoekers toegelaat word om Mnr Mandela in die ICU van Pretoria Hart sonder ophou besoek.
Is ICU dan nie 'n plek waar besoekers beperk word nie?
En hoeveel keer wil jy nou gaan groet?
Dis ook nou nie asof hy nog 'n handtekening op 'n stippellyn kan sit nie, of hoe?
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Wanneer dan word besoekers beperk?
« Reply #1 on: June 27, 2013, 07:41:17 AM »
die besigheid grens vir my so amper aan belaglikheid.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wanneer dan word besoekers beperk?
« Reply #2 on: June 27, 2013, 07:55:31 AM »
Dit beteken dat die einde in sig is.  Wanneer iemand in ICU is mag hulle nie besoekers keer as dit die "laaste groet" is nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wanneer dan word besoekers beperk?
« Reply #3 on: June 27, 2013, 08:09:47 AM »
Ek het nou pas 'n sms van my seun uit NZ gekry dat Madiba oorlede is.  Wonder ek nou hoekom het ons nog niks daarvan gehoor nie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Wanneer dan word besoekers beperk?
« Reply #4 on: June 27, 2013, 05:37:08 PM »
seker oorlat hulle tyd paar ure voor ons tyd is dan weet hulle dit voor ons. hulle hou mos voor ons nuwe jaar en kersfees, dan weet hulle ook gouer, maar klink my idt was vals boodskap

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Wanneer dan word besoekers beperk?
« Reply #5 on: June 27, 2013, 06:24:11 PM »
Beste antwoord op 'n vraag wat ek lank laas gehoor het, AB.
Daar was al 'n paar gerugte dat hy oorlede is waarvan nie een nog bevestig kon word.
Ek vermoed reelings is nog nie klaar:  Pad vanaf Mthatha na Qunu, besluit waar die graf sal wees ens ens.
Wat ek so 'n paar uur gelede gelees het, is dat die media nou Qunu toe beweeg.  Ook dit is jy nie verseker van.
Ek sou dink dat Mev Marcel en die kinders alleen toegelaat kan word.  Ook gehoor, dalk gelees, dat hoofmanne vanaf Mthatha vertrek het om hulle te gaan vergewis van Mnr Mandela se toestand..!!  Ook hulle glo niks meer wat in die media gese word.  
Intussen is daar natuurlik weer mense wat wonder waar hulle moet gaan wegkruip vir veiligheid.  Want, mos, is die nag van die lang messe voor die deur.
Wees paraat en gaan jou gang.  
« Last Edit: June 27, 2013, 06:31:12 PM by Angelica »
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wanneer dan word besoekers beperk?
« Reply #6 on: June 28, 2013, 05:24:37 AM »
Grapjas AB.   :icon_biggrin:  Dink jy dit kan met die lotto werk?   :icon_biggrin:

Die verslaggewers...   dit is mos maar hulle werk.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Wanneer dan word besoekers beperk?
« Reply #7 on: June 28, 2013, 07:53:09 AM »
gits jong ek weet nie of dit met die lotto kan werk nie maar ons kan probeer.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Wanneer dan word besoekers beperk?
« Reply #8 on: June 28, 2013, 09:42:49 AM »
Ons kan al baie brood gebak het met al die gisings wat oral aan die gang is ...

ek wonder of ek gespaar gaan wees vir die nag van die langmesse omdat Madiba en Obama familie is ... Obama bloed neef en Madiba se groot ouma en my groot oupa was getroud ...

maar ek is bly as ek moet sterf, sal dit in stilte wees en nie in die media nei ...
en wat ookal gebeur nadat Madiba sy asem klaar uitblaas ... is ek in Sy hande ...
die ander details is nie my worries nie ... nie nou nie ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wanneer dan word besoekers beperk?
« Reply #9 on: June 28, 2013, 09:49:52 AM »
Broodjies gebak met al hierdie gissings sal maar suur smaak Wils. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Wanneer dan word besoekers beperk?
« Reply #10 on: June 28, 2013, 10:07:47 AM »
ek stem PM en ek sien my gesings het al weer 'n s te min ... dankie ... ek sal 'n knoop maak vir die 2 s'e en wil liefs ook nie brood met die gessings bak nie ...  :angel4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Wanneer dan word besoekers beperk?
« Reply #11 on: June 28, 2013, 10:29:58 AM »
ek hoor netnou die mediamense se base is bekommerd ... het gedink hulle stuur mense net vir so 10-12 dae, maar nou rek dit lank uit en dit kos te veel ... ek kry sooo lekker want as jy aasvoël wil speel, moet jy maar opdok.

gister het iemand met kennis van die Xhosa kultuur gesê vlg hul kultuur moet hulle iemand so lank moontlik aan die lewe hou ... en as Mnr M aan masjiene gekoppel is, gaan dit probleme skep want niemand gaan wil toestemming gee om dit af te skakel nie... aldus op RSG.


 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Wanneer dan word besoekers beperk?
« Reply #12 on: June 28, 2013, 10:34:16 AM »
dankie tog ek is nie Xhosa nie
en my testament se geen masjiene nie en geen begrafnis nie ...

Die arme man ... kan nie nie eens in vrede en op eie tyd laaste asem uitblaas nie

maar ek is ook bly dat die media se sake bietjie geruk word - wil mos agter sensasie en nonens aangejaag wees ...

plaas hulle spend geld en energie om te vertel van ons boek, Naas se boek ens
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wanneer dan word besoekers beperk?
« Reply #13 on: June 28, 2013, 11:42:56 AM »
Koerante, nuus, tydskrifte ens. is 'n besigheid en hulle doen verslag oor goed waarin mense belangstel om hul "besigheid" te bevorder. 
As mense nie so "sensasiesoekend" is nie, sal hulle nie geld maak nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Wanneer dan word besoekers beperk?
« Reply #14 on: June 28, 2013, 12:25:53 PM »
daar is 'n "te" aan beide kante, ja. ek kry sulke sensasie-soekendes eintlik jammer ... kan hulle nie hulself met beter dinge besig hou nie ... klink soos antie Stienie op 'n plaaslyn, sy het net ingeluister, kon nie eers met 'n hekelwerkie sit en luister nie ...   :toothy4:   

dis seker vir daardie media reg, maar om soos aasvoëls tussen mense vir die dood te sit en wag is myns insiens onbeskof en ongeskik, hulle lesers ook.

 :grommit: 
adéle  :grommit: