Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on May 27, 2011, 09:55:23 AM

Title: 'n Mirtebos verdroog
Post by: adele on May 27, 2011, 09:55:23 AM

Sy dans op maat
van mirletonklanke
verby 'n mirtebos.
'n Feëprinses,
sag, haar liggaam en haar lewe.

Ruheid in haar wese,
walglik grof het hy
sy mismaakte dwaling
deur haar ongerepte natuur geskeur!

Die kruiestruik verdroog
en bring 'n einde aan
die ongevraagde dolorosa
van 'n engelkind.
Haar pyn vir ewig verby.

 :grommit:
Title: Re: 'n Mirtebos verdroog
Post by: PM on May 28, 2011, 09:06:48 AM
Eina!   Hierdie gedig laat my woordeloos.   :dontknow: