Author Topic: Jy is slim ja, maar. . .  (Read 2726 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Jy is slim ja, maar. . .
« on: August 13, 2013, 08:41:41 AM »
Hoe emosioneel volwasse is jy?  Vererg jy jou gou, gooi jou speelgoed uit die kot uit, verlaat die aarde en klim in 'n boom, of kan jy rustig om 'n tafel sit en 'n probleem bespreek?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Jy is slim ja, maar. . .
« Reply #1 on: August 13, 2013, 07:05:47 PM »
Ek word net meer en meer emosioneel volwasse soos ek ouer word.
Dinge ontstel my nie meer so baie nie, of gladnie.
Skinder kan jy maar, dit is soos water op 'n eend se rug. 
Ek word soms nog kwaad of ontsteld, natuurlik.  Veral vir padvarke wat my lewe in gevaar stel. Noudat ek daaraan dink, is daar eintlik nog baie goed wat my kwaad maak:  Korrupsie, geweld, verkragting, mishandeling ens ens..  en mense wat dink hulle is jou meerdere. 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Jy is slim ja, maar. . .
« Reply #2 on: August 14, 2013, 12:49:50 PM »
Dat jy kwaad word, jou vererg en omdraai en loop, of iemand druk die telefoon in jou oor dood, soos met my gebeur het, kan ek verstaan.  Wat ek nie kan verstaan nie is:  Jy het mos kans gekry om af te koel, hoekom nie nou die saak soos 'n volwasse persoon bespreek nie?  Kommunikasie is tog sekerlik die enigste manier om 'n probleem op te los, dan nie? 
Is daar nie 'n voorgeskrewe ouderdom tussen kind en volwasse wees nie?  Dink jouself in, iemand is bykans 50 jaar oud en hy gooi sy speelgoed uit die kot uit en gooi 'n vloermoer!  Ag nee, weet hy hoe sien ander mense hom?   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Jy is slim ja, maar. . .
« Reply #3 on: August 16, 2013, 09:13:35 AM »
Ek is 'n baie emosionele mens en ja ek kan omgekrap word en kry maklik seer deur ander se woorde.  Dit is wanneer ek dan sal opstaan vir myself en my gevoelens.  Nie met 'n uitbarsting nie, maar om myself paar minute te gee om af te koel en dan vir daardie persoon te se wat hy/sy nou gese/gedoen het onregverdig was. Ek moet dinge bespreek, al is dit die volgende dag.

Mens moet altyd ander behandel soos jy behandel wil word.

   

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Jy is slim ja, maar. . .
« Reply #4 on: August 16, 2013, 01:09:45 PM »
Party mense dink as hulle swyg oor 'n probleem sal dit vanself weggaan.  Dit gebeur nie.  Dalk praat julle nooit weer daaroor nie, maar hier iewers in 'n mens se agterkop bly dit vassteek en dit sal altyd daar in die agtergrond hang om 'n mooi vriendskapsverhouding te besoedel.  Praat dit liewers uit.  Gee 'n ander persoon die geleentheid om sy saak te stel voordat jy hom sumier veroordeel. 
Om te weet is om te verstaan.