Author Topic: Ek het die son se strale gemeet...  (Read 9101 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Ek het die son se strale gemeet...
« Reply #15 on: August 07, 2013, 02:39:21 PM »
ja dit het vanoggend op die berge gesneeu maar mens kan dit nie afneem nie, dis bewolk. so af en toe trek die wolk effens weg vir paar oomblikke en dan sien jy die sneeu maar 'n foto sal nie werk nie want daar is geen duidelike agtergrond om die sneeu te wys nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek het die son se strale gemeet...
« Reply #16 on: August 07, 2013, 03:43:57 PM »
Aaaaggg, dis jammer.  Ek sal maar geduldig wees, as dit sneeu en jy kry die kans sal dit wel pragtig wees, soos verlede jaar se sneeu. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek het die son se strale gemeet...
« Reply #17 on: August 07, 2013, 06:45:15 PM »
Wel, ek hoef nie te sien om te voel dit het gesneeu.
Baie water geval vandag.  Sjoe.  Maar dis nodig.

PM, as ek nou die oond aanskakel, sien jy net kokkerotte spat in alle rigtings. 
Los daai oond net so koud.  Sal dit help as ek die mikrogolf aanskakel? :icon_biggrin:
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek het die son se strale gemeet...
« Reply #18 on: August 08, 2013, 10:54:00 AM »
 :sign10:  Ek glo jou nie!  Dalk 'n leeu of 'n tier, maar nie daai anner goed nie.   :icon_biggrin:

Nee sustertjie, dit sal nie help vir die kombuis se temperatuur nie, maar dit kan help vir 'n lekker kommetjie warm sop.

Ons kant van die land is geweldig droog.  Daar waar ons in Leeupoort was kom die diere uit die kamp uit om by die huise te kom bedel vir kos.  Ek sê bedel omdat hulle tot voor jou stap en jou in die oge kyk, vraend, smekend.  Almal koop kool, wortels, lemoene, lekke, lusern en bokkos om uit te help.
Ons kan doen met reen.   
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ek het die son se strale gemeet...
« Reply #19 on: August 08, 2013, 08:16:44 PM »
My Bolandse berge is in maagdelike wit gedek. Reg vir die trouonthaal.



Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek het die son se strale gemeet...
« Reply #20 on: August 09, 2013, 05:49:02 AM »
Ag wonderlik, ek wens ek kon dit sien.  Hier reen dit en dit is koud, bibberkoud. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Ek het die son se strale gemeet...
« Reply #21 on: August 11, 2013, 06:27:01 PM »
kom nou vars uit die kalahri uit na 4 dae en 3 nagte weg, is maar koud hier, reën word vorospal. gaan sommer nou nou bed toe, lekker moeg, so jagtrip maak mens baie moeg, dis harde werk.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek het die son se strale gemeet...
« Reply #22 on: August 12, 2013, 11:34:44 AM »
Ek het nie eers geweet jy gaan jag nie.  Wat het julle terug gebring, behalwe foto's wat ek baie geniet het. Ek hoop daar is nog.
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Ek het die son se strale gemeet...
« Reply #23 on: August 12, 2013, 01:38:04 PM »
22 springbokke en 4 gemsbokke tussen 14 van ons en ek het nie eers 'n geweer saam veld toe gevat nie. by ander ou soringbok gevat en halwe gemsbok weer by nog i ander man.

ek het so 800 fotos in 2 dae geneem. sal nog uitsoek en wys, maar ek dink dai is die mooiestes wat ek gewys het, die res is fotoverhaal prentjies van wat ons als aangevang het. slefs konsert gehou ook, elkeen het 'n ander karakter voorgestel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek het die son se strale gemeet...
« Reply #24 on: August 12, 2013, 04:13:40 PM »
Jy maak my baie nuuskierig!  Ek wil dadelik sien!    :icon_biggrin:  Dit klink na groot pret.

Ons jag ook nie meer nie.   Grotendeels omdat ek te lui geword het om vleis te bewerk.   Skiet nou net met die kamera.
Om te weet is om te verstaan.