Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on June 24, 2011, 07:11:14 PM
-
Oupa horlosie se laaste klanke
tril saggies by middernag verby.
Wie gaan daar…
so onrustig…?
Vra ek vir my…?
Slof… tok… Slof… tok… Slof… tok…
Oë rek witwyd oop,
koue angsweet pêrel my voorkop nat.
Die houtvloer, nou al sement,
maar die houtklanke dra nog die
Slof… tok… Slof… tok… Slof… tok…
Om die kampvuur vertel Oupa
van oom Houtbeen Daan
en daai weghol perd…
Slof… tok… Slof… tok… Slof… tok…
In die gang af slof… tok… oom Daan.
Die foto van ouma Gesie
kyk grootoog deur sy sukkeltog
soos hy langsaam
gang af gaan.
Slof… tok… Slof… tok… Slof… tok…
Vanaand is die aand…
Vanaand staan ek vas…
Weghol… ek…
Nooit!
Slof… tok… Slof… tok… Slof… tok…
Oom Daan skuif nader.
Verbeel ek my…
of knipoog ouma Gesie.
Hoekom bewe die bene
van pajamabroeke so maklik?
Slof… tok… Slof… tok… Slof… tok…
Dan is hy voor my…
teen my…
koue hardloop ribbokspoortjies
teen my ruggraat af
as oom Houtbeen Daan
Slof… tok… Slof… tok…
dwarsdeur my gaan.
:icon_bigsmurf:
-
hierdie spookstorie is 'n weer-lees gedig, pragtig Naas. ek het so al saam met die slof-tok koud geword...
:grommit:
-
:hello2: Jy het jou baie goed van jou taak gekwyt Naas. Dit is besonders!
-
Gewis 'n weer-lees ervaring (om Annie se pragbeskrywing van jou werk te leen) :hello2:
-
Ek het weer hoendervleis. Die "d" van hardloop speel wegkruipertjie. :icon_biggrin:
-
Daai d het in my pajamabroek agter gebly
:icon_bigsmurf:
-
Ek geniet dit om te sien wanneer die plasing was en hoeveel jare later daar weer kom'tare opduik - hier is ons weer saam, tien jaar later :headbang:
-
Werklik waar. Tien jaar se pragtige vriendskap. :read:
-
Oupa se as ons nie die braak grond ploeg en saai nie gaan ons niks daar oes nie.
:mumum:
-
Sê vir Oupa, Ta PM het drie sade gebaar en grootgemaak en nog 4 ander sade wat sommer net in haar land geval het sonder dat sy geploeg het. Sê vir Oupa Ta PM het klaar geploeg, gesaai en geoes.