Digkuns > Digformules of -strukture

5/4/5 Ironiese Verse/Woorde

(1/2) > >>

Meraai vannie Baai:
Die as van verlang
na dit wat was
nog lank nie geblus

van diep diep binne
skroei vlam se gloed
in 'n grou verset

sterf die rouproses
iewers, êrens
tussen nou en nooit

Rou is 'n belangrike proses van heling, ook vir diegene wat opnuut streef na 'n nuwe normaal en is die vredemaak met wat was, ironies ook 'n rouproses, soms in sirkelgang...

© Meraai vannie baai








Naas:
Ware woorde so mooi gerangskik en vertoon.
Ek moet ook die een probreer.

 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
My plek geboek Naas! So opgewonde oor wat jy gaan skep. Nou eers gou vir Outop laat lees. As hy verstaan, weet ek dat dit nie te 'dig' is nie  :icon_bigsmurf:

PM:
Baie mooi geskryf en dit is beslis nie te "dig" nie.  As ek verstaan (oeps ek hoop ek verstaan reg) dan verstaan almal dit.   :bootyshake:

Meraai vannie Baai:
Dankbare ek diekant PM. Vanoggend hol my gedagtes in staccato, woord vir woord. Na te veel jare van 'living with the unknown' gaan ek beslis nie met die nuwe verwikkelinge die volgende dekade (touch wood) ook terugverlang na wat was nie. Vanoggend het meraai die spinnerakke ontleed, opgesom en die slotsom: 'lewensveranderd.' Opsomming, lettergrepig met 5/4/5 verwoord:

Spinnekoprakke:
opgedonsde
oriëntasie

kommunikasie:
kognitiewe
meetinstrumente

kategorieë:
psigologies
geëvalueer

identifiseer:
denkvermoë
georiënteerd

geasseseerde
realiteit:
lewensveranderd.

© Meraai vannie baai

 :headbang: :angel4: Die ene gaan Outop nie onder oge kry nie... sal sy arkadiese ritme heel versteur.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version