Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Chichi on September 04, 2011, 09:24:22 AM
-
Luister julle almal RSG? of wat luister julle as julle wel na die draadloos luister?
persoonlik is ek 'n 5FM, highveld stereo en bo almal Tuks.fm volger. Ek geniet ook classic fm baie, en luister dit eintlik baie!
Ek hou nie daarvan as die mense heeltyd praat nie, so ek skakel altyd tussen die stasies sodat ek net heeltyd musiek luister.
-
As ons ry luister ons na RSG, of CD's, maar tuis is dit altyd doodsestilte by my. Ons het baie vogeltjies in die tuin en hulle maak vir my musiek.
-
Ek luister 94,2 en is versot op Barney Simon. Ek het baie lank Tuks 107,2 geluister tot die dag wat ek nie meer die studente se lawwighede kon hanteer nie. Classic 102,7 luister ek deur die nag en Sondae maar dis ongemaklik omdat die opvangs nie goed is nie. Ek sien gister in die Rapport LM Radio word uit die dood opgewek - ek kan nie wag daarvoor nie. Ek luister gladnie na RSG of ander stasies nie.
-
hey ek hou van Barney Simon ook... ag wat ek luister nie rêrig na die saamgepratery nie, eks mal oor tuks se musiek!! Ek het nie 'n clue wat LM radio is nie!
Ek hou ook van die voëltjies luister! Maar hier waar ek bly hoor jy hulle net baie vroeg in die oggend of wanneer dit vir een of ander onverklaarbare rede stil is... Op die presies oomblik kan ek sproeiers, 'n grassnyer, een of ander konstruksiewerke, 'n paar voëltjies, ons huishulp en haar dogtertjie (sys amper 2) en nog 'n paar ander dinge hoor.
-
Toe Oom Paul nog vir Diggers skrumskakel gespeel het, was Mosambiek Lorenzo Marques. Oeps, ek hoop dit is reg gespel. Die radiostasie het gesorg vir ure se vermaak. Sondagaande is die top tien snitte gespeel en ons het soos vliegies om die rodio gehang. Dit was ook 'n baie gesogde vakansieplek. Toe breek die oorlog daar uit en alles gaan ten gronde.
-
Hierdie kant van die land luister ek na Houtstok of Bok Radio. Dis die nuwe radio stasie in onse plekkie die kant van die ander kant. Hulle speel meestal net Afrikaanse musiek. Anders luister ekke ook CD's.
:angel12:
-
Bok radio..... hehe mwahahahahahahahahahahahahahahahaha *vee traantjies uit my ogies
-
Jou laggie is vreeslik aansteeklik. :icon_biggrin:
-
hehe ek kan met alle eerlikheid se, my persoonlike ondervinding is dat my vriende en kennisse en so aan sal saam met jou stem PM :icon_biggrin: :icon_biggrin:
-
Mooi so, 'n mens het altyd 'n vriendelike aansteeklike laggie nodig. Hierdie een laat my altyd lag. :read2:
-
Dit is 'n oulike ene!!! :icon_biggrin:
ek hou van die ene :bootyshake:
-
Ek luister na Radio sonder mense op oor my radio sonder batterye.
:icon_bigsmurf:
-
Ek gaan vir julle rekening stuur ... proes amper my hele glas vol borreltjies oor die skrientjie uit :headbang: radio sonder mense - is daar dalkies ook 'n so-maak-mens-nie program op jou batterylose draadlosie Naas?
-
Moet nou nie laat Naas vir jou ore aansit nie, sy radio werk met krag. :icon_biggrin:
Hier op die forum het ons almal 'n "gatseggie" gekies as 'n kenteken. Ek het die :bootyshake: sonder die "seggie" gevat. Los my :bootyshake: uit.
:angel12: Trappies
:icon_bigsmurf: Naas
:book1: Raaitjie, maar as sy die woorddief is dan is sy :read:
:angel8: Stof, die agtpotige luis
:snorting: Miss Piggy, of "Mevrou varkie"
en so gaan dit aan. :icon_biggrin:
-
Met eskomkrag wil ek elk geval niks hoor nie.
Lees in gister se Burger dat Mugabe prostaat kanker het. Dit bewys ten minste dat hy 'n prostaat het. En nou weet ons almal verseker hy sal nooit breinkanker kry nie.
:icon_bigsmurf:
-
:icon_scratch: beteken dit nie dat hy breinkanker het nie :dontknow: Maar of hy een het is ook weer 'n vraag :icon_scratch:
:angel12:
-
O goeistetjie tog, julle twee laat my lag. :toothy4:
Jy sal dan maar 'n PM9 moet kry Naas. :icon_biggrin:
-
Nee dankie. Een PM'pie is genoeg vir my.
:icon_bigsmurf:
-
Wat hoor julle van daai WW, hy is so besig met kattekwaad hy kom nooit meer hier uit nie.
Ek wonder waarna luister hy dat hy so stil is.
-
Hy is sos stil soos my eskom radiotjie. Dalk is hy van die lug af?
:icon_bigsmurf:
-
Dalk is sy PM9 pap. Ons sal iemand moet kry om dit vir hom te gaan laai. :bootyshake:
-
Ja, sy beloftes hang aantlug of is dit nou opvlug :icon_scratch: Ek sal hom bietjie bymekaar moet skraap. Al sy skapies op hok slaan, dat hy darem weer sy PM9 gelaai kan kry. Is jy in :icon_bigsmurf:?
Daai potjie is al geroes!
:angel12:
-
Nou toe, as julle daai pap battery gelaai kry, gee vir my beer 'n taai klap omdat hy so stil is, dan soen jy dit weer
beter. :toothy4:
-
Sies man... Ek soen g'n aan hom nie. Ek sal wel 'n plan maak en die soen via sy verloofde laat aflewer. (So tong in die kies tussen ons meisies gefluister.)
Kan dit mos by haar los terwyl hy in 'n beswyming geklap is... :hello2:
:icon_bigsmurf:
-
Vat jy die kans as jy dit kan kry nê! Ek het met Trappies gepraat! :toothy4:
So tong in die kies? Ag nou maar ja, as jy dit so wil hê.
Trappies se houe is soos mes steke, sy moet liewers versistis is. :icon_biggrin:
-
ai ek lag lekker vir julle mensies :icon_biggrin:
bedoel dit ek het nie 'n gesiggie nie??? :crybaby2:
-
Jy kan 'n gesiggie vir jou kies.
:grommit: Hierdie een is Adéle s'n.
As die ouens nie gereeld hulle :bootyshake: wys nie, dan kan ek nie so mooi onthou nie. Jy moet darem weet ek word 70 nê, so moenie vir my lag nie.
-
die groen ene is dan myne?? :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
PM is jy rerig al ampre 70?
-
Oeps, almal gaan jou groen naam ydelik gebruik as jy daai een kies. Het jy by die "more" skakel ook gaan kyk?
Waar kry 'n mens nog gesiggies wat ons hier op die forum kan gebruik?
Ek het gesê ek word 70 Chichi. Ek is hierdie jaar 60. :toothy4: Regtig.
-
Ek is 1959 gebore en nou 42 jaar oud.
Net jammer my longe weet dit nie.
:icon_bigsmurf:
-
Oeps, jy moet lat jou juffrou sien hoe maak jy somme! :toothy4:
Blameer dit ook maar op jou longe. :angel12:
-
hehe dit is bietjie funny.... ek is in 1988 gebore.... so tien teen een so oud of jonger of net net ouers as meeste van jul kindertjies....
ek het die 'more' skakel gekliek... daar niks te wonderlik nie. Op die forum basis kan jy nuwe gesiggies oplaai, jy moet dit net eers op jou pc he. Maar jy kan dit google as 'n pakket en save en dan gebruik, of baie forum-basise het pakkette wat jy kan aflaai.
-
Geniet jou jongmensdae. Dit glip gou verby.
Eendag as ek groot is gaan ek ook baie van "neukenaars" af weet. :icon_biggrin:
-
Niks verkeerd met my somme nie PM'pie. Jy moet onthou ek was sewe jaar siek en drie jaar met vakansie.
:icon_bigsmurf:
-
Sou die oortyd wat jy gewerk het nie opmaak vir die aftyd nie? :dontknow:
-
Jy moet onthou ek is op flexityd.
:icon_bigsmurf:
-
Verskoon my rug, ek is besig om my tone en vingers in te span om die som se regte antwoord te kry. Juffrou Gawie!!!! Kom help :icon_bigsmurf:
-
Jy sal weet, ek dra nie jou horlosie nie. :angel12:
Is reg so Raaitjie, Naas ken die antwoord. :sign10:
-
ek love oumense... en daarmee bedoel ek mense wat net net ouer as ek is soos julle klomp. :icon_cheers: