Author Topic: PM en Botswana  (Read 29394 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline werelde weg

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 92
  • Gender: Male
  • lag en lag anners gaan jy huil...
Re: PM en Botswana
« Reply #60 on: April 18, 2012, 04:27:19 PM »
wyn roos is al wat help patrys  :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM en Botswana
« Reply #61 on: April 18, 2012, 04:31:40 PM »
O nee!  Nie maklik nie!  As ek gewyn raak hak ek my goed op 'n stok en ek loop weg!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM en Botswana
« Reply #62 on: April 19, 2012, 08:54:04 AM »
Oeps!  Julle wil nie weet nie.  Vieruur vanoggend toe gooi 'n rondloper hond die asblik hier op die stoep teen die trappe af.  Ons wou net weer aan die slaap raak toe trip die krag weer, so teen vyfuur se kant. Ek kyk deur die venster en sien die gebou oorkant ons is darem nou baie mooi oranje en besef "daar is 'n vuur". 
As jy nog nie 'n grasdak gesien brand het nie, het jy nie vuur in al sy glorie ervaar nie.  Mensig, dit was 'n skouspel. Die lodge se kombuis en eetsaal, wat alleenstaande is, was aan die brand.  Net links van die kombuis, so 15 meter duskant, is drie rondawels, pas langs mekaar.  Die eerste een langs die kombuis is die ontvangs. Ons staan eenkant, weet van goed wat ontplof in so 'n vuur en ons het reeds vroëer die gasbottels teen die kombuis se muur waargeneem.  My hart klop benoud oor al die personeel wat luidkeels tussen die kombuis en ontvangs saamdrom en party loop knap by die brand verby om selfoonfoto's te neem. 'n Mens kan sien dat hulle geen benul het van brandprosedures nie. 
Kort-kort is daar 'n ontploffing. Dit klink soos bottels wat bars. Dan bars die vensters en die suurstof sorg vir 'n brand wat ten hemele lek.  Jy sien net mense wegskarrel! Nou is hulle tjoepstil.
Die grasdak tuimel ineen en die vonke sorg vir 'n asemrowende prentjie.

Alhoewel daar nie wind waai nie, dwarrel die vonke oor ontvans se dak. Ek seg vir Hannes, hier kom moeilikgeite, hulle sal daardie dakke moet natspuit.
Waarmee? Ons het nie eers waterdruk om mee te stort nie. 
Ons woorde was nog nie koud nie, toe vat dit vlam.  Toe skarrel almal wat in die omgewing is weer luidkeels om die kantoormeubels, rekenaars en ander belangrike goed uit te dra. 
Dit is bykans sesuur toe die brandweer opdaag.  Die manne val oor hul eie voete.  Dit lyk asof niemand weet wat om te doen nie.  Die kombuis en eetsaal is in elk geval nie te red nie. Die brandende balke en stoele en tafels lyk soos 'n prentjie uit 'n film.
Die brandweermanne probeer die pype koppel, maar nee, dit pas nie so mooi nie.  Na dertig minute se gesukkel spuit die eerste water op ontvangs se dak. Teen daardie tyd het die son lankal sy kop oor die koppe kom lig om die spulletjie gade te slaan. 
Langs my staan een van Hannes se werkers. 
"Eish, mama, nou gaan ons twee weke wag vir krag!"
Terug by die kamer is 'n ou-stokou swartman.  Hy sit daar op die trappie en praat met Hannes, mooi in Afrikaans: Oupa, ek het hulle al baja keer gesê dat hulle nog groot moeilikgeite gaan kry met dié mense wat die krag werk sonder 'n ticket, maar hulle wil niks hoor nie..." en om hom bars 'n luide gesprek uit.  Net daar besluit ek dat ek nie vandag daar sal vrede kry nie.   
Teen die tyd wat ons gery het, het hulle nog gesukkel om die smeulende gras van die grasdak af te trek wat knaend van voor af begin brand.
By die hek stop Hannes by die "managing director".  Sy het 'n groot glimlag om haar mond.
"Electric fault. It started in the kitchen. Beyond our controle. Do'nt worry, we will make a plan for food tonight."
Ons sal sien.
« Last Edit: April 19, 2012, 09:02:26 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: PM en Botswana
« Reply #63 on: April 19, 2012, 10:42:38 AM »
Genade - wat 'n belewenis !
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM en Botswana
« Reply #64 on: April 21, 2012, 08:53:44 AM »
Die aand voor die brand het Hannes my sumier onthef van kosmaak. Hy sê dit is te veel moeite en ongerieflik.  Om potte en skottelgoed in 'n wasbak te was is ook nie so lekker nie.
Die volgende oggend het hy my maar so ewe verlee weer aangestel as kok.  :icon_biggrin:

Gister is die water en krag weer herstel.  Nou kan ons sien waar ons gaan en in warm water was. Ons yskassie werk weer en ons kan elektriekwater kry vir koffie.  Gaswater is net nie so lekker nie.  :icon_biggrin:
"We will make a plan for tonight" het natuurlik nie gerealiseer nie. 
Eergisteraand toe vra ek vir die kok (grappender gewys) wat is op die spyskaart, toe sit so 'n lang drel langs hom en sê vir my daar is nie kos nie, kan ek nie sien die kombuis het afgebrand nie.
Ek draai my kop na die kombuis se kant toe en antwoord hom: Oh, what are you telling me?  So sorry, I did not see it, but I see the fire place is still in tact, would you mind if I use it?
Die flippen swaap!
Gisteraand het ons 'n vleisie gebraai met gas-noodles en gas-groente.  Soos gewoonlik is daar nog genoeg oor vir vanaand.  :icon_biggrin:
Ek is net te dankbaar ons hoef nie weer te trek nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: PM en Botswana
« Reply #65 on: April 21, 2012, 09:17:53 AM »
 :triplets:  julle gaan weer trek - en 'n Kaapse draai maak  :toothy4:

kan hulle nie grappe snap nie - ook maar goed eks' nie daar nie - my lont is te kort  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: PM en Botswana
« Reply #66 on: April 21, 2012, 10:02:29 AM »
aai, PM, ons is sooo bly dis nie julle slaapplekkie wat 'n electric short gekry het nie.
en julle stokkiewyfie laat my dink aan die gesegde:

om jou te bekommer is soos 'n skommelstoel, dit hou jou besig maar bring jou nerens nie.
dus, om te stress is soos 'n stokgogga, hy wieg heeldag en kom nerens nie.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM en Botswana
« Reply #67 on: April 21, 2012, 10:22:35 AM »
Pragtig gestel Adéle. Meraai sal dit beslis kom oes. 

Jy praat!  Ek kan my nie indink hoe 'n ou kan staan en kyk hoe jou goed afbrand nie. 
Dan duik die vraag weer op, wat sou jy eerste gegryp en gehol het?
Hannes sê sy beursie en ek sê my rekenaar.  Gelukkig is ons paspoorte en dokumentasie in die bakkie se paneelkissie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM en Botswana
« Reply #68 on: April 22, 2012, 07:43:57 AM »
Daar word streng reels op die perseel waar Hannes werk toegepas. 
Die kantore is 30 meter van die hek af, maar veiligheidsgordels moet aan wees, al is die spoedbeperking 20k per uur.   :icon_biggrin:
So ook mag die omgewing nie versteur word nie, al is daar meer as 'n vierkante kilometer ontbos om die substasie te bou. 
Langs die omheining van die "lewendige area", dit is nou waar die transformators in werking gestel word, is twee mobiele toilette opgerig vir elke firma wat daar werk se mense.  Hannes en sy span het laaste op die perseel aangekom, so hulle toilette staan op die verste punt. 
Toe een van die manne die deur oopmaak ontdek hy 'n meter lange pofadder, so dik soos 'n man so bo-arm, daarin.  Hulle moes die sekuriteitswag inroep om dit te vang en 'n paar kilometers verder te gaan loslaat. 
Daar is niks waarvoor ek skrik nie, maar oeeee... slange...
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM en Botswana
« Reply #69 on: April 22, 2012, 08:22:41 AM »
Dit is nou bykans 'n maand wat ek hier in eensame opsluiting is. 
Gister het Hannes hulle tot sesuur gewerk en vandag sal dit seker ook so gaan.
Gister was ons weer die heeldag sonder krag.  Ek het al aan my polse begin kou van frustrasie.
Gister laatmiddag spring hier toe 'n wind uit die bos uit wat skrik vir niks.  Vanoggend sesuur toe val hier 'n paar druppels, maar dit is nie eers stofnat nie.
Nou sit ek hier en wonder wat doen almal van julle op hierdie oomblik.  Ek wens hier was net een siel met wie ek kon praat. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: PM en Botswana
« Reply #70 on: April 22, 2012, 10:01:28 AM »
Dit moet erg wees om omring te wees met pofadders en gin stuk mens wat kan praat nie, want almal moet werk ...
ek kan die sonder 'n siel  hanteer - maar die poffies ... oh wereld nee!! 
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: PM en Botswana
« Reply #71 on: April 22, 2012, 12:09:05 PM »
En nou verstaan jy hoekom Eva met die paradysslang geheul het.
Daar was niemand anders om mee te praat nie. Sy was alleen en Adam was by die werk.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM en Botswana
« Reply #72 on: April 23, 2012, 03:37:58 AM »
Jy speel!   :icon_biggrin:
Hy het onder die appelboom gelê en slaap! Daai jare was werk nog net die toekoms. 

Hannes sê ons behoort teen Saterdag klaar te wees, dan kan ons huistoe gaan.   :icon_cheers: (Ek gebruik maar hierdie gatseggie, want ek wil nie té opgewonde raak nie.  Ken mos die proses.)

Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: PM en Botswana
« Reply #73 on: April 23, 2012, 08:52:43 AM »
Ja Adam het onder die Appelboom geslaap terwyl Eva vrute vir aandete moes gaan pluk het  :notworthy:

Ek bid hard dat julle dan nou binnekort terugkeer na eie huisie - en spoedig onder innie mooie Kaaps vir 'n hele paar maande :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: PM en Botswana
« Reply #74 on: April 23, 2012, 12:05:55 PM »
 :hello:

Ampertjies verby. Sterkte vir die laaste paar dae!