Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Nuwe woordskeppings => Topic started by: Meraai vannie Baai on March 27, 2012, 04:17:11 AM

Title: Plonsgaatjie
Post by: Meraai vannie Baai on March 27, 2012, 04:17:11 AM
Ons spa het net twee gaatjies wat nog kan spuit, die res se bekkies is toegestop met gewone badproppe (wat toevallig perfek gepas het) 'n waterdigte gom hou hulle in plek en ons koel nog alte lekker in die warm somermaande af, kleingoed plons rond soos waterhondjies in die gaatjie - toe word dit 'n plonsgaatjie.
 
Title: Re: Plonsgaatjie
Post by: PM on March 27, 2012, 06:15:57 AM
en waar wil kinders nou lekkerder baljaar as in die water.  Pragtige woord Raaitjie, dit moet boek toe.
Title: Re: Plonsgaatjie
Post by: Trapsoetjie on March 27, 2012, 08:33:05 AM
...en 'n foto van Ta-Meraai in die Plonsgaatjie... :toothy4:

 :angel12:
Title: Re: Plonsgaatjie
Post by: PM on March 27, 2012, 11:57:07 AM
Hê-hê, nou soek jy moeilikheid Trappies.   :angel12:
Title: Re: Plonsgaatjie
Post by: Ah Willa on March 27, 2012, 12:02:58 PM
Die warm son braai
Meraai van die baai,
sy swaai haar gaaitjie
tot binne haar plonsgaaitjie
en met hoed op die kop
wys sy tonguitsteek die son haar dop!   :headbang:
Title: Re: Plonsgaatjie
Post by: Trapsoetjie on March 27, 2012, 12:48:49 PM
Ek, (onskuldige gesiggie) nooit.

 :angel12:
Title: Re: Plonsgaatjie
Post by: Meraai vannie Baai on March 28, 2012, 02:11:49 AM
                         :toothy4:   :notworthy: :icon_salut:
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/053-1.jpg)
Title: Re: Plonsgaatjie
Post by: PM on April 01, 2012, 09:54:57 AM
Jai-jai-jai!  Dit lyk al te gesellig!  Net wat die dokter voorgeskryf het vir die warm somer son.  :icon_biggrin: