Die Afrikaanse Forum
Bak en brou => Resepteboek => Brood, skons en beskuit => Topic started by: PM on January 30, 2012, 11:03:48 AM
-
Bestanddele:
500 ml koekmeel (2 Koppies)
25 ml bakpoeier (5 telepels)
Halwe telepel sout
Rooipeper na smaak
500 ml gerasperde cheddar kaas (2 koppies)
500 ml melk (2 koppies)
2 Eiers
So maak mens:
Stel die oond op 200 grade C (400 gr F)
Sif die droge bestanddele saam.
Voeg die kaas by en meng goed.
Klits die eiers en melk saam en voeg dit by die meel mengsel en sny dit met 'n slaplemmes in.
Plaas in kolwyntjiepanne (twee derdes vol) en bak 15 minute in die middel van die oond tot goudbruin.
-
dink dit sal n lekker oggend versnapering maak?
-
Met kaas en konfyt! Stem ek saam met jou. :wave: