Die Biblioteek > Heupvervanging

Tweedehaandse hospitaalbed gesoek

(1/3) > >>

PM:
Kan ek dalk een iewers koop of kan 'n mens dit iewers huur?

Trapsoetjie:
Jong ek het ook begin loer vir Omatjie, nou nie 'n hospitaal bed nie, maar 'n loopring. Of 'n rolstoel. Maar dan dink ek sy dans en loop nog goed. Sy kan net nie meer so ver loop nie. Dalk kan ek dit saam vat en as sy moeg word haar terug help.

Ek weet nie.  :dontknow:

O ek het op Gomboom gesoek. Kyk bietjie daar of by Gesigsboekie. Kan dalk ook help.

 :angel12:

PM:
Dankie matertjie, ek het probeer maar tot dusver niks.
Daardie looprame met die sitplek help regtig baie.  Jy weet mos dat ons nie sommer maar net enige plek kan gaan sit nie, covid jy weet? dan is dit te sê as jy iewers 'n sitplekkie kan kry!
Met my vet gat en my vergrote hart sukkel ek deesdae om inkopies te doen of ver te loop.  Daardie loopraam is uitstekend.  Ek het myne ook op FB se "marketplace" gekoop.  Wanneer jy moeg word gaan sit jy so 'n bietjie. 
Probeer dit gerus. 

Naas:
Ek kan nie help met bed nir maar Trappies praat met my as jy loopring of so iets begin soek.

 :icon_bigsmurf:

PM:
My skoonsus is ook mos "hoog in die medies" en sy sê ook dat 'n hospitaalbed maar 'n skaars item is.  Ons praat nou van 'n tweede handse een, want 'n nuwe een is redelik beskikbaar maar ook "redelik" duur. 
Dit is ongelooflik wat 'n mens betaal vir mediese hulpmiddels. 
Ek probeer om een van daardie toilet verlengings, die een met die "bene en handvatsels" te kry, maar dit is ook net so skaars. 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version