Die Biblioteek > My gunsteling gedigte van die groot meesters

'n Handvol Gruis

(1/5) > >>

Meraai vannie Baai:
Versamelde gedigte (1980)–C. Louis Leipoldt

'n Handvol gruis uit die Hantam -
My liewe, lekker Hantam-wyk!
'n Handvol gruis en gedroogde blare,
Waboom-blare, ghnarrabos-blare!
Arm was ek gister, en nou is ek ryk.
 
Arm in herinnering, arm in verbeelding,
Arm in onthou van die vroeër jare
Deurgebring in die Hantam-wyk.
'n Handvol gras en gedroogde blare
Maak my, wat arm was, koning-ryk -
 
Ryk in herinnering, ryk in verbeelding,
Ryk in onthou van die vroeër tyd
Toe die Hantam-wêreld al die wêreld
Vir my was in die vroeër tyd.
'n Handvol gruis en gedroogde blare
Vertel so veel van die wonderjare
In my liewe lekker Hantam-wyk -
Waboom-blare, ghnarrabos-blare -
Arm eergister en nou skatryk!

Vir die ou wat wil saamtokkel:
https://chordify.net/chords/gert-vlok-nel-n-hand-vol-gruis-peter-laarakker
*van hier kan jy kies watter instrument jy saam wil tokkel: GUITAR UKULELE PIANO

Luister na Gert Vlok Nel se vertolking:
https://www.youtube.com/watch?v=9Yq8-XsLo08

Bederf jouself met hierdie vertolking van Elvis Blue:
https://www.youtube.com/watch?v=uCMZKQh84Po

Naas:
Mooi herrineringe. Moes die gedig leer vir skoolprojek.
Ek bevraagteken daai 1980 datum. Het klaargemaak met skool in 1976.

 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Hoekom hy daar is, wis ek wraggies nie Naas. So weggedra, so ek pleit bewusteloos  :icon_biggrin:
Gou gaan grawe na waar ek die skakel gekry het: https://www.dbnl.org/tekst/leip001vers01_01/leip001vers01_01_0182.php
dus heel moontlik toe opgeneem in die versamelde gedigte?

Naas:
Ek verstaan so.
Louis Leipoldt (1880 – 1947)
Erens in daai tyd geskrywe.

 :icon_bigsmurf:

PM:
'n Pragtige gedig wat 'n mens wil sing. 
Hulle is net een uit Naas, 'n 8, nie 'n 9 nie. 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version